’n Paasfees vol hoopVoorbeeld

Die leë graf
Die oorlede leier van die Christendom het nie iewers in staatsie gelê terwyl hartseer rouklaers sonder hoop verbygestap het nie. Sy graf is leeg. Jesus is nie meer daar nie. Die dood kon nie vashou aan sy heel belangrikste slagoffer nie. Op die derde dag ná sy kruisiging het Jesus uit die dood opgestaan. Die verskil tussen hoop en wanhoop is die leë graf van Jesus. Dit is die boodskap van die Nuwe Testament. Die opstanding van Jesus is die groot verskil tussen lewe en dood. Die leë graf is die antwoord op al die pyn en waansin van hierdie lewe. Die boodskap is duidelik dat ’n ander tipe lewe moontlik is. Een gevul met hoop en betekenis.
Jesus se plek in die hemel is nou weer gevul. Hy is die Een voor wie almal in die hemel en op die aarde sal buig. Die woorde van die engele daardie Sondagoggend by sy leë graf weerklink oor die hele aarde: “Hy is nie hier nie. Hy het opgestaan!”
Jesus se laaste woorde op aarde was dat Hy by ons sal wees, tot op die heel laaste dag. Ons is nie geestelike weeskinders nie; Hy is hier by ons.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hoop het vlerke. Dit sink nie weg in die see van hooploosheid nie en die dood het beslis nie die laaste sê nie. Ook nie al die ongeregtigheid, seer en lyding van die lewe in en om jou nie. Want vandag is daar ’n leë kruis op Golgota! Stephan Joubert wil jou aanmoedig om Jesus se kruis te dra wat lewe en hoop gee vir dié om jou.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/
Verwante Leesplanne

Skepper Gees

As ek weer kon sê (vir groepe)

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy Heerlikheid

Mislukking Is Nie Die Einde Nie

Kom saam, Ontdek wysheid uit die Woord.

DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop

GAAN JY HOM MIS?

Kaalvoet Sielsgedagtes

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete
