’n Paasfees vol hoopVoorbeeld
Hoop het vlerke
Goeie Vrydag is nie regtig ’n gepaste naam vir die dag waarop Jesus dood is nie. Dit is beslis nie goeie nuus wanneer die Persoon wat soveel genade en hoop na hierdie wêreld gebring het met sy lewe daarvoor moet betaal nie. En tog gee Jesus se laaste woorde aan die kruis die regte perspektief vir dié dag. Onthou sy woorde in Johannes 19:30: “Dit is nou afgehandel!” Die prys is ten volle betaal. Die rekening is vereffen. Die grootboek tussen God en elke persoon wat die verlossing van Jesus aangryp, is gebalanseer.
Hoop het vlerke. Dit sink nie weg in die see van hooploosheid nie; woede kan dit nie oorwin nie. Genade is die nuwe wagwoord by die hemel se hekke. God en mense kan weer saamwoon. Vreemdelinge en dié wat verlore voel, kan weer by God se tafel sit. Die dood het beslis nie die laaste sê nie. Ook nie al die ongeregtigheid, seer en lyding van die lewe in en om jou nie. Want vandag is daar ’n leë kruis op Golgota!
Plaas jou hand in die hand van die opgestane Christus en vier vir ewig saam met Hom fees by die nuwe feestafel.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hoop het vlerke. Dit sink nie weg in die see van hooploosheid nie en die dood het beslis nie die laaste sê nie. Ook nie al die ongeregtigheid, seer en lyding van die lewe in en om jou nie. Want vandag is daar ’n leë kruis op Golgota! Stephan Joubert wil jou aanmoedig om Jesus se kruis te dra wat lewe en hoop gee vir dié om jou.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/