’n Paasfees vol hoopVoorbeeld

’n Paasfees vol hoop

DAG 5 VAN 7

Dra die kruis

Tussen al die redes om te kla oor hoe sleg die lewe is, kan ons kies om ons vreugde iewers anders te soek. Om Jesus te volg, beteken om hoop te hê. Om sy kruis te dra, beteken om ’n lewende seën vir ander te wees.

Elke dag wat ons die voorreg kan geniet om te leef en asem te haal, het ons die geleentheid en eer om Jesus se kruis te dra. Wie weet, ek en jy is dalk die enigste “Bybel” wat iemand in ’n hooplose situasie het. Wat van ’n sagte woord van hoop vir hulle, of dalk ’n stukkie brood om hulle las meer draaglik te maak? Wat van ’n stil gebed vir ’n vriend of vriendin wat tans die skerp kant van die lewe ervaar?

Laat ons Jesus se kruis dra wat lewe en hoop gee vir dié om ons. Wanneer ander die lewe ervaar terwyl Jesus se kruis op óns skouers is, sal ons die gewig daarvan self later nie eens meer voel nie. Die kruis is slegs ’n las wanneer ons vasgevang raak in selfbejammering of wanneer ons nie ’n lewende seën vir ander is nie.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

’n Paasfees vol hoop

Hoop het vlerke. Dit sink nie weg in die see van hooploosheid nie en die dood het beslis nie die laaste sê nie. Ook nie al die ongeregtigheid, seer en lyding van die lewe in en om jou nie. Want vandag is daar ’n leë kruis op Golgota! Stephan Joubert wil jou aanmoedig om Jesus se kruis te dra wat lewe en hoop gee vir dié om jou.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/