’n Paasfees vol hoopVoorbeeld
![’n Paasfees vol hoop](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F43387%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Eerstehulp
Moenie moed verloor en tussen die rommel gaan lê wanneer sonde jou laat struikel nie. Dit is presies waar die vyand jou wil hê: gewond en sonder hoop! Wanneer jy struikel, moet jy die volgende doen:
Bely jou sonde: Onthou die woorde van 1 Johannes 1:8-2:2 wat vir ons sê dat as ons ons sonde bely, God betroubaar en regverdig is en ons sal vergewe. Sy Seun, Jesus Christus, tree vir ons in sulke tye in.
Aanvaar God se verlossing: Wanneer jy sonde gedoen het, moet jy dit onmiddellik voor God in Christus bely. Jy kan weet dat Jesus reeds vir jou sonde betaal het. God is ’n regverdige Regter; Hy sal jou verlos omdat die offer van sy Seun voldoende is vir jou en al die ander mense wat God nader met hulle sonde en mislukkings.
Meld dadelik aan vir diens: As jy jou sonde opreg voor God se voete neerlê, kan jy weet dat Hy sy Goddelike genade om Christus se ontwil vir jou gee. Aanvaar sy spesiale verlossing en meld weer aan vir sy diens.
Hierdie oordenkings is geneem uit OOMBLIKKE VAN HOOP deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![’n Paasfees vol hoop](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F43387%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Hoop het vlerke. Dit sink nie weg in die see van hooploosheid nie en die dood het beslis nie die laaste sê nie. Ook nie al die ongeregtigheid, seer en lyding van die lewe in en om jou nie. Want vandag is daar ’n leë kruis op Golgota! Stephan Joubert wil jou aanmoedig om Jesus se kruis te dra wat lewe en hoop gee vir dié om jou.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/