Bly Getrou | Ses Maande in die Nuwe Testament — Daaglikse Leesstukke uit die Bybel Voorbeeld
![Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F42943%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Gebed
Jy gaan binnekort vandag se gedeelte lees. Voor jy dit doen, begin met 'n eenvoudige gebed soos hierdie een:
“Vader, ek nooi U om saam met my in hierdie oomblik te wees en vra dat U my hart ontvanklik maak vir u Woord. Help my om U intiemer te leer ken hierdeur, en dat ek sal toelaat dat u Waarheid my hart, gedagtes en siel vandag daardeur sal verander.”
Wanneer jy jou leeswerk voltooi het, wy ‘n paar minute aan die B.I.D.-siklus.
_________________
B — BEDAAR en raak rustig. Bepeins dit wat jy gelees het en laat toe dat die inligting by jou insink.
I — INNEEM Wat het God vandag deur sy Woord vir jou gesê? Sê ‘n Bybelvers hardop vir jouself en skryf dit miskien selfs neer.
D — DRA jou versoek om hulp aan God op. Die uitdaging is om in Jesus se teenwoordigheid te wees en meer soos Hy te word. Hoe daag vandag se Woord jou uit om dit te doen?
Ons Vader nooi jou liefdevol uit om in sy lieflike plan vir jou lewe, sy kerk en die wêreld te leef. Aanvaar sy uitnodiging om anders te leef en begryp dat sy plan groter is as wat ons kan bid of dink.
_________________
Agtergrond oor 1 Timoteus
Wie het die boek 1 Timoteus geskryf?
Volgens Christelike tradisie het die apostel Paulus 1 Timoteus geskryf. Dit is die eerste van twee briewe wat Paulus aan 'n jong predikant met die naam Timoteus geskryf het.
Aan wie was die boek 1 Timoteus gerig?
Hierdie brief is direk aan Timoteus gerig, Paulus se "ware kind in die geloof". Hierdie jong dissipel het saam met Paulus gereis, word in verskeie briewe genoem en het by verskeie gemeentes agtergebly om die leiding te neem nadat Paulus hulle gestig en aanbeweeg het.
Konteks
Die gebeure wat in 1 Timoteus beskryf word, vind in die stad Efese plaas. Paulus het 1 Timoteus waarskynlik tussen 62 en 64 n.C. geskryf. Paulus het vir Timoteus in Efese agtergelaat met 'n ontsagwekkende verantwoordelikheid: om sommiges aan te maan om niks te leer wat in stryd is met die "gesonde leer" wat ooreenstem met die "glorieryke evangelie van die salige God" nie (1 Timoteus 1:3-11). Weens Timoteus se jeug en natuurlike skugterheid was dit vir hom moeilik om hierdie opdrag uit te voer (1 Timoteus 4:11-12; vgl. 2 Timoteus 1:7-8). Alhoewel Paulus gehoop het om self soontoe te gaan, het hy intussen aan Timoteus geskryf om aan hom leiding te gee (1 Timoteus 3:14-15).
Literêre Styl
Die boek 1 Timoteus is 'n brief wat in prosavorm geskryf is aan 'n jong leraar in Efese met die naam Timoteus.
Hooftemas
- Liefde en die opregte geloof in die Kerk
- Gelykheid en verantwoordelikheid teenoor die uitgeworpenes in die gemeenskap
- Hoop in Jesus as die Koning van die wêreld, ondanks lyding
Struktuur
Die boek 1 Timoteus kan in vier dele verdeel word. Hoofstuk 1 begin met die doel van die Tora. Hoofstukke 2-3 handel oor probleme wat deur korrupte leermeesters veroorsaak word. Hoofstukke 4-6a gaan voort om valse leringe te bespreek. Hoofstuk 6b is 'n oproep om vrygewig te wees.
_________________
Agtergrond oor 2 Timoteus
Wie het die boek 2 Timoteus geskryf?
Volgens Christelike tradisie het die apostel Paulus 2 Timoteus geskryf. Dit is die tweede van Paulus se twee briewe aan Timoteus.
Aan wie was die boek 2 Timoteus gerig?
Hierdie brief is direk aan Timoteus gerig, Paulus se "ware kind in die geloof". Hierdie jong dissipel het saam met Paulus gereis, word in verskeie briewe genoem en het by verskeie gemeentes agtergebly om die leiding te neem nadat Paulus hulle gestig en aanbeweeg het.
Konteks
Die gebeure wat in 2 Timoteus beskryf word, vind in die stad Efese plaas. Die boek 2 Timoteus is waarskynlik tussen 64 en 66 n.C. geskryf, ongeveer 'n jaar nadat Paulus 1 Timoteus geskryf het. Hierdie brief bevat Paulus se woorde van aanmoediging en instruksies aan Timoteus, sy "geliefde seun". Paulus verlang om hom te sien (2 Timoteus 1:4), en skryf hierdie brief om vir Timoteus te vra om gou na Rome te kom en vir Markus, 'n mantel wat hy in Troas agtergelaat het en 'n paar boeke en perkamente (2 Timoteus 4:9-13) saam te bring. Hy gebruik egter die geleentheid om oor dié dinge te skryf wat met Timoteus se werk verband hou wat die meeste op sy hart lê.
Literêre Styl
Die boek 2 Timoteus is 'n brief wat in prosavorm geskryf is aan 'n jong leraar in Efese met die naam Timoteus.
Hooftemas
- Jesus se genade as 'n bron van krag
- Getrouheid aan Jesus
- Jesus se vertroosting te midde van lyding
Struktuur
Die boek 2 Timoteus kan in drie dele verdeel word. Hoofstukke 1-2a moedig Timoteus aan om leierskap te aanvaar. Hoofstukke 2b-4a daag Timoteus uit om korrupte leermeesters te konfronteer. Hoofstuk 4b is Paulus se persoonlike versoek dat Timoteus hom in die tronk moet besoek.
Aangaande hierdie leesplan
![Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F42943%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Bly Getrou is 'n 6-maandelange leesplan wat op die Nuwe Testament fokus. Ons hoop dat hierdie gesamentlike studie 'n honger vir die Woord van God in jou geestelike lewe sal bring en dat jy met elke gedeelte wat jy lees, dieper in geloof geanker sal word. Ons het selfs weeklikse "inhaaldae" bygewerk om jou die nodige tyd te gee as jy 'n dag gemis het of agter geraak het!
More