Bly Getrou | Ses Maande in die Nuwe Testament — Daaglikse Leesstukke uit die Bybel Voorbeeld
![Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F42943%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Gebed
Jy gaan binnekort vandag se gedeelte lees. Voor jy dit doen, begin met 'n eenvoudige gebed soos hierdie een:
“Vader, ek nooi U om saam met my in hierdie oomblik te wees en vra dat U my hart ontvanklik maak vir u Woord. Help my om U intiemer te leer ken hierdeur, en dat ek sal toelaat dat u Waarheid my hart, gedagtes en siel vandag daardeur sal verander.”
Wanneer jy jou leeswerk voltooi het, wy ‘n paar minute aan die B.I.D.-siklus.
_________________
B — BEDAAR en raak rustig. Bepeins dit wat jy gelees het en laat toe dat die inligting by jou insink.
I — INNEEM Wat het God vandag deur sy Woord vir jou gesê? Sê ‘n Bybelvers hardop vir jouself en skryf dit miskien selfs neer.
D — DRA jou versoek om hulp aan God op. Die uitdaging is om in Jesus se teenwoordigheid te wees en meer soos Hy te word. Hoe daag vandag se Woord jou uit om dit te doen?
Ons Vader nooi jou liefdevol uit om in sy lieflike plan vir jou lewe, sy kerk en die wêreld te leef. Aanvaar sy uitnodiging om anders te leef en begryp dat sy plan groter is as wat ons kan bid of dink.
_________________
Agtergrond oor Hebreërs
Wie het die boek Hebreërs geskryf?
Alhoewel dit moontlik is dat Barnabas, Paulus of Apollos die brief aan die Hebreërs kon geskryf het, word die skrywer nie duidelik benoem in die teks nie.
Aan wie is die boek Hebreërs geskryf?
Die algemene ooreenstemming is dat hierdie brief aan Joodse Christene geskryf is. Daar is onsekerheid oor waar hulle en die skrywer hulle bevind het ten tye van die samestelling daarvan.
Konteks
Die gebeure wat in Hebreërs beskryf word, vind hoofsaaklik plaas in die lande wat deur die Grieks-Romeinse Ryk beset is. Hebreërs is tussen 60 en 70 n.C. geskryf, waarskynlik gedurende Nero se vervolging van die Kerk. Die skrywer het hierdie brief geskryf om te voorkom dat sy lesers hulle geloof in Christus laat vaar (Hebreërs 2:1-4). Hy het sy Joodse broers aangemoedig om nie na die ou wet terug te keer nie, en hy het daarna gestreef om die meerderwaardigheid van Christus en sy verbond te toon (Hebreërs 8:1-2, 6).
Literêre Styl
Die boek Hebreërs is 'n brief wat in prosavorm geskryf is as 'n toespraak aan 'n kerkgemeenskap.
Hooftemas
- Jesus se oorheersing oor die hele skepping
- God se genadige aanbod van vergifnis
- Jesus se vertroosting in lyding
Struktuur
Hebreërs bestaan uit vyf dele. Jesus word in Hoofstukke 1-2 met engele en die Tora vergelyk, in Hoofstukke 3-4 met Moses en die beloofde land, in Hoofstukke 5-7 met die priesters en Melgisedek, en in Hoofstukke 8-10 met offerandes en die verbond. Hoofstukke 11-13 is 'n uitdaging om Jesus te volg — ongeag die koste.
Aangaande hierdie leesplan
![Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F42943%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Bly Getrou is 'n 6-maandelange leesplan wat op die Nuwe Testament fokus. Ons hoop dat hierdie gesamentlike studie 'n honger vir die Woord van God in jou geestelike lewe sal bring en dat jy met elke gedeelte wat jy lees, dieper in geloof geanker sal word. Ons het selfs weeklikse "inhaaldae" bygewerk om jou die nodige tyd te gee as jy 'n dag gemis het of agter geraak het!
More