Bly Getrou | Ses Maande in die Nuwe Testament — Daaglikse Leesstukke uit die Bybel Voorbeeld

Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible

DAG 151 VAN 182

Gebed

Jy gaan binnekort vandag se gedeelte lees. Voor jy dit doen, begin met 'n eenvoudige gebed soos hierdie een:

“Vader, ek nooi U om saam met my in hierdie oomblik te wees en vra dat U my hart ontvanklik maak vir u Woord. Help my om U intiemer te leer ken hierdeur, en dat ek sal toelaat dat u Waarheid my hart, gedagtes en siel vandag daardeur sal verander.”

Wanneer jy jou leeswerk voltooi het, wy ‘n paar minute aan die B.I.D.-siklus.

_________________

B — BEDAAR en raak rustig. Bepeins dit wat jy gelees het en laat toe dat die inligting by jou insink.

I — INNEEM Wat het God vandag deur sy Woord vir jou gesê? Sê ‘n Bybelvers hardop vir jouself en skryf dit miskien selfs neer.

D — DRA jou versoek om hulp aan God op. Die uitdaging is om in Jesus se teenwoordigheid te wees en meer soos Hy te word. Hoe daag vandag se Woord jou uit om dit te doen?

Ons Vader nooi jou liefdevol uit om in sy lieflike plan vir jou lewe, sy kerk en die wêreld te leef. Aanvaar sy uitnodiging om anders te leef en begryp dat sy plan groter is as wat ons kan bid of dink.

_________________

Agtergrond oor 2 Timoteus

Wie het die boek 2 Timoteus geskryf?

Volgens Christelike tradisie het die apostel Paulus 2 Timoteus geskryf. Dit is die tweede van Paulus se twee briewe aan Timoteus.

Aan wie is die boek 2 Timoteus gerig?

Hierdie brief is direk aan Timoteus gerig, Paulus se "ware kind in die geloof". Hierdie jong dissipel het saam met Paulus gereis, word in verskeie briewe genoem en het by verskeie gemeentes agtergebly om die leiding te neem nadat Paulus hulle gestig en aanbeweeg het.

Konteks

Die gebeure wat in 2 Timoteus beskryf word, vind in die stad Efese plaas. Die boek 2 Timoteus is waarskynlik tussen 64 en 66 n.C. geskryf, ongeveer 'n jaar nadat Paulus 1 Timoteus geskryf het. Hierdie brief bevat Paulus se woorde van aanmoediging en instruksies aan Timoteus, sy "geliefde seun". Paulus verlang om hom te sien (2 Timoteus 1:4), en skryf hierdie brief om vir Timoteus te vra om gou na Rome te kom en vir Markus, 'n mantel wat hy in Troas agtergelaat het en 'n paar boeke en perkamente (2 Timoteus 4:9-13) saam te bring. Hy gebruik egter die geleentheid om oor die dinge te skryf wat met Timoteus se werk verband hou wat die meeste op sy hart lê.

Literêre Styl

Die boek 2 Timoteus is 'n brief wat in prosavorm geskryf is aan 'n jong leraar in Efese met die naam Timoteus.

Hooftemas

  • Jesus se genade as 'n bron van krag
  • Getrouheid aan Jesus
  • Jesus se vertroosting te midde van lyding

Struktuur

Die boek 2 Timoteus kan in drie dele verdeel word. Hoofstukke 1-2a moedig Timoteus aan om leierskap te aanvaar. Hoofstukke 2b-4a daag Timoteus uit om korrupte leermeesters te konfronteer. Hoofstuk 4b is Paulus se persoonlike versoek dat Timoteus hom in die tronk moet besoek.

_________________

Agtergrond oor Titus

Wie het die boek Titus geskryf?

Volgens Christelike tradisie het die apostel Paulus die brief aan Titus geskryf.

Aan wie is die boek Titus gerig?

Hierdie brief is aan 'n man met die naam Titus geskryf wat, soos Timoteus, deur Paulus as 'n seun in die geloof beskou is. In die boek Handelinge word Titus nie by name genoem nie, maar ons kan baie oor hom uit Paulus se sendbriewe leer. Hy was 'n nie-Jood van geboorte (Galasiërs 2:3) en het Paulus gedurende die omstredenheid oor besnydenis na Jerusalem vergesel (Handelinge 15:1-2; Galasiërs 2:1-5) voordat hy uiteindelik Paulus se amptelike gesant na die kerk in Korinte geword het.

Konteks

Die gebeure wat in Titus beskryf word, vind op die eiland Kreta plaas. Titus is waarskynlik tussen 64 en 68 n.C. geskryf. Hierdie brief is, soos sy eerste brief aan Timoteus, aan 'n jong prediker geskryf wat 'n moeilike taak ontvang het. Die gemeentes op die eiland Kreta het klaarblyklik groei na volwassenheid nodig gehad, en hierdie brief was bedoel om vir Titus in daardie werk te help.

Literêre Styl

Die boek Titus is 'n brief wat in prosavorm geskryf is aan 'n predikant genaamd Titus.

Hooftemas

  1. Jesus is die ewige hoop
  2. Die krag van die evangelie in die publieke lewe
  3. Die teenstrydige waarde van vrygewigheid

Struktuur

Titus kan in drie dele verdeel word. Hoofstuk 1 gee aan Titus instruksies oor sy verantwoordelikhede in die kerk. Hoofstuk 2 gee aan Jesus se volgelinge leiding oor die openbare lewe. Hoofstuk 3 herinner ons daaraan dat Jesus die weg gebaan het vir 'n nuwe skepping.

Dag 150Dag 152

Aangaande hierdie leesplan

Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible

Bly Getrou is 'n 6-maandelange leesplan wat op die Nuwe Testament fokus. Ons hoop dat hierdie gesamentlike studie 'n honger vir die Woord van God in jou geestelike lewe sal bring en dat jy met elke gedeelte wat jy lees, dieper in geloof geanker sal word. Ons het selfs weeklikse "inhaaldae" bygewerk om jou die nodige tyd te gee as jy 'n dag gemis het of agter geraak het!

More

Ons wil graag The Bridge Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bridge.tv