Bly Getrou | Ses Maande in die Nuwe Testament — Daaglikse Leesstukke uit die Bybel Voorbeeld

Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible

DAG 149 VAN 182

Gebed

Jy gaan binnekort vandag se gedeelte lees. Voor jy dit doen, begin met 'n eenvoudige gebed soos hierdie een:

“Vader, ek nooi U om saam met my in hierdie oomblik te wees en vra dat U my hart ontvanklik maak vir u Woord. Help my om U intiemer te leer ken hierdeur, en dat ek sal toelaat dat u Waarheid my hart, gedagtes en siel vandag daardeur sal verander.”

Wanneer jy jou leeswerk voltooi het, wy ‘n paar minute aan die B.I.D.-siklus.

_________________

B — BEDAAR en raak rustig. Bepeins dit wat jy gelees het en laat toe dat die inligting by jou insink.

I — INNEEM Wat het God vandag deur sy Woord vir jou gesê? Sê ‘n Bybelvers hardop vir jouself en skryf dit miskien selfs neer.

D — DRA jou versoek om hulp aan God op. Die uitdaging is om in Jesus se teenwoordigheid te wees en meer soos Hy te word. Hoe daag vandag se Woord jou uit om dit te doen?

Ons Vader nooi jou liefdevol uit om in sy lieflike plan vir jou lewe, sy kerk en die wêreld te leef. Aanvaar sy uitnodiging om anders te leef en begryp dat sy plan groter is as wat ons kan bid of dink.

_________________

Agtergrond oor 1 Timoteus

Wie het die boek 1 Timoteus geskryf?

Volgens Christelike tradisie het die apostel Paulus 1 Timoteus geskryf. Dit is die eerste van twee briewe wat Paulus aan 'n jong predikant met die naam Timoteus geskryf het.

Aan wie is die boek 1 Timoteus gerig?

Hierdie brief is direk aan Timoteus gerig, Paulus se "ware kind in die geloof". Hierdie jong dissipel het saam met Paulus gereis, word in verskeie briewe genoem en het by verskeie gemeentes agtergebly om die leiding te neem nadat Paulus hulle gestig en aanbeweeg het.

Konteks

Die gebeure wat in 1 Timoteus beskryf word, vind in die stad Efese plaas. Paulus het 1 Timoteus waarskynlik tussen 62 en 64 n.C. geskryf. Paulus het vir Timoteus in Efese agtergelaat met 'n ontsagwekkende verantwoordelikheid: om sommiges aan te maan om niks te leer wat in stryd is met die "gesonde leer" wat ooreenstem met die "glorieryke evangelie van die salige God" nie (1 Timoteus 1:3-11). Weens Timoteus se jeug en natuurlike skugterheid was dit vir hom moeilik om hierdie opdrag uit te voer (1 Timoteus 4:11-12; vgl. 2 Timoteus 1:7-8). Alhoewel Paulus gehoop het om self soontoe te gaan, het hy intussen aan Timoteus geskryf om aan hom leiding te gee (1 Timoteus 3:14-15).

Literêre Styl

Die boek 1 Timoteus is 'n brief wat in prosavorm geskryf is aan 'n jong leraar in Efese met die naam Timoteus.

Hooftemas

  • Liefde en die opregte geloof in die Kerk
  • Gelykheid en verantwoordelikheid teenoor die uitgeworpenes in die gemeenskap
  • Hoop in Jesus as die Koning van die wêreld, ondanks lyding

Struktuur

Die boek 1 Timoteus kan in vier dele verdeel word. Hoofstuk 1 begin met die doel van die Tora. Hoofstukke 2-3 handel oor probleme wat deur korrupte leermeesters veroorsaak word. Hoofstukke 4-6a gaan voort om valse leringe te bespreek. Hoofstuk 6b is 'n oproep om vrygewig te wees.

Dag 148Dag 150

Aangaande hierdie leesplan

Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible

Bly Getrou is 'n 6-maandelange leesplan wat op die Nuwe Testament fokus. Ons hoop dat hierdie gesamentlike studie 'n honger vir die Woord van God in jou geestelike lewe sal bring en dat jy met elke gedeelte wat jy lees, dieper in geloof geanker sal word. Ons het selfs weeklikse "inhaaldae" bygewerk om jou die nodige tyd te gee as jy 'n dag gemis het of agter geraak het!

More

Ons wil graag The Bridge Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bridge.tv