AfgesonderVoorbeeld

Afgesonder

DAG 17 VAN 29

Vernuwe Denke

Lees Romeine 12:1–2

SOAP Romeine 12:1–2

Oordenking

Net soos 'n ruspe 'n metamorfose ondergaan om 'n pragtige skoenlapper te word, kan ons ook transformasie in ons lewens ervaar wanneer ons toelaat dat die Woord van God ons harte en gedagtes omring en ons van binne na buite verander. Wanneer God ons harte en gedagtes verander met sy waarheid, maak Hy ons meer soos Christus. Ons word meer liefdevol, vergewensgesind en vol genade.

Ek ken die druk wat die wêreld op ons plaas om aan sy standaarde van skoonheid, sukses en waardes te voldoen. As ons nie waaksaam is nie, is dit maklik om in die strik te trap om aan die wêreld se standaarde te voldoen, maar as dogters van die Koning word ons geroep tot 'n hoër doel. Ons word geroep om afgesonder te wees. Ons is in die wêreld, maar ons is nie van die wêreld nie.

Ons gedages, dade en reaksies word gevorm deur die Woord van God toe te laat om gesag in ons lewens te hê. Ons sien nie die wêreld soos wat ons dit vroeër gesien het nie. Ons kyk nou vanuit 'n nuwe, beter en hoër gesigshoek. Wanneer ons dit doen, vind ons vryheid, vreugde en doel in ons lewens, ongeag die omstandighede wat ons in die gesig staar of wat oor ons pad kom. Ons weet die beste kom nog. Ons leef dus gewillig lewens van opoffering en diens, wetende dat hierdie wêreld nie ons tuiste is nie en dit is ook nie die einde nie; ons reis net deur.

Gebed

Hemelse Vader, dankie vir die gawe van u Woord. Vernuwe asseblief ons gedagtes daagliks wanneer ons onsself in u waarheid verdiep sodat ons verander kan word na die beeld van u Seun, Jesus Christus. Amen.

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Afgesonder

Voel dit asof die wêreld al verder weg van God af beweeg? Is dit vir jou moeilik om te weet hoe om die mense in jou lewe lief te hê sonder om beïnvloed te word deur die veranderinge in 'n wêreld wat uit pas is met God?

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://liefgodgrootliks.wordpress.com/