Beoefen die WegVoorbeeld

Practicing the Way

DAG 4 VAN 5

DOELWIT #3: DOEN SOOS HY GEDOEN HET

“Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels ..." (Matteus 28:19). Dit is Jesus se laaste woorde aan sy leerlinge.

Dit is presies wat jy sou verwag 'n rabbi vir sy studente aan die einde van hulle opleiding sou sê. 'n Rabbi se doel was immers nie net om te onderrig nie, maar om ook dissipels na sy beeld te vorm wat sy leringe en lewenswyse sal voortsit. Rabbi's word vandag nog tydens hul inwyding tot die amp opdrag gegee om "baie dissipels bekwaam te maak" — ’n liturgie wat na Jesus se tyd terugdateer.

Hierdie is 'n baie eenvoudige begrip wat ongelukkig vele Christene ontwyk: As 'n leerling van Jesus is jou einddoel om te groei tot geestelike volwassenheid sodat jy kan sê wat Jesus gesê het, en kan doen wat Jesus gedoen het.

Kinders verstaan dit dikwels intuïtief; hulle lees die verhaal van die goeie Samaritaan, en wil dan impulsief by elkeen stop wat met 'n pap band langs die pad staan. Jesus het dan die verhaal afgesluit met die woorde: "... Gaan maak jy ook so" (Lukas 10:37b). Wanneer hulle die verhale hoor waar Jesus siekes genees het, sal hulle baie maklik vir 'n siek maatjie by die kleuterskool 'n drukkie gee en bid vir beterskap. Ongelukkig word hierdie spontane reaksie mettertyd deur aangeleerde sosiale gedragspatrone onderdruk.

Gestel daardie spontane reaksie is die Gees?

Gestel daardie innerlike hartsbegeerte is die werking van die Heilige Gees in ons wat ons dring om te doen soos Jesus gedoen het?

Johannes, een van Jesus se leerlinge, het die volgende in die Nuwe Testament gesê: “... Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het" (1 Johannes 2:5-6).

Dit alles lei ons na doelwit #3: Doen soos Hy gedoen het. Die einddoel van 'n leerling is om die leermeester se werk voort te sit. Dit is uiteindelik waarop leerlingskap gemik is.

Watter dade van Jesus voel vir jou na die grootste uitdaging wanneer jy nadink oor alles wat Jesus gedoen het? Waarom? Watter unieke eienskap het jy van God ontvang waarmee jy die wêreld 'n beter plek kan maak? Doen jy dit? Watter rol speel jy in God se familie — die kerk? Vervul jy daardie rol?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Practicing the Way

Wie is jy besig om te word? Wanneer jy jouself in jou gedagtes voorstel as 'n 70-, 80-, of 100-jarige persoon — watter soort mens sien jy op die horison? Vul hierdie beeld jou met hoop? Of met verskrikking? John Mark Comer onderrig ons deur middel van hierdie oordenking sodat ons geestelik kan groei en daagliks meer en meer soos Jesus word.

More

Baie dankie aan John Mark Comer wat hierdie leesplan uit die onderriggrepe van "Practicing the Way" beskikbaar gestel het. Besoek https://practicingtheway.org/ vir meer inligting