Leef vryVoorbeeld
Hemelse Vader
Maak my oë oop om vandag al die skoonheid rondom my te sien. Maak my hart sag en soepel sodat my gevoel van geregtig wees op dinge plek maak vir danksegging. Maak my dankbaar vir elke goeie en volmaakte gawe, elke klein genadetjie, bederfie en onverwagse goedhartigheid. Help my om ook, selfs terwyl ek dankie sê, my hartseer te erken. Gee my die genade om dit te sien en hardop by die naam te noem as dit nodig is. Gee my ook die genade om my pyn te verwerk en om dit te omvorm sodat ek dit nie na ander oordra nie. Amen.
Hierdie oordenkings is geneem uit LEEF VRY deur Dalene Reyburn © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Aangaande hierdie leesplan
Ek is seker jy wil vry wees om die beste moontlike weergawe van jouself te wees. Ek ook. Maar om daardie persoon te wéés, moet jy soos so 'n persoon dink. Ons denke bepaal ons lewenstyl. Ons manier van dink bepaal ons gevoelens, wat weer ons optrede bepaal. ’n Ingesteldheid van dankbaarheid kan dus een van ons beste bates wees.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/