Leef vryVoorbeeld

Leef vry

DAG 4 VAN 7

Agterna teenoor vooraf

Volgens die kultuur van die wêreld is ’n geskenkwinkel vol snuisterye soos byvoorbeeld T-hemde en sleutelhouers waarop geskryf is: “Wat kry ek daaruit?" en "Ek verdien dit.” Ons almal voel die invloed van die Westerse kultuur aan. Ons verwag dat goeie dinge met ons sal gebeur omdat ons dit verdien. (As ons onthou, sal ons miskien agterna dankie sê.)

Volgens die kultuur in Jesus se koninkryk keer Hy dit heeltemal om. Hy sê dankie voordat iets wonderliks gebeur. Sy danksegging gaan die wonderwerk vooraf. In Markus 8 is Jesus op die punt om duisende mense op ’n bonatuurlike manier kos te gee, net soos in Markus 6. Dit is nog ’n geleentheid vir Hom om vreugde te vind in wonderwerke. Nie genoeg kos nie? Wonderlik! Kom ons bid en dan gee ons almal kos.

Dis nie ’n tipe voorspoedteologie wat Jesus sy dissipels hier leer nie. Hy het bloot vir sy Vader dankie gesê vir die sewe brode wat hulle gehad het. Maar dit is asof sy dankbaarheid die wonderwerk vooraf aangekondig het. In plaas daarvan om te wag dat God ’n klomp dinge op ons lysie doen voordat ons Hom dank, nooi Jesus ons om dankie te begin sê vir wat Hy wel in ons hande gesit het en om Hom dan rustig te vertrou met die wete dat Hy weet wat ons nodig het.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Leef vry

Ek is seker jy wil vry wees om die beste moontlike weergawe van jouself te wees. Ek ook. Maar om daardie persoon te wéés, moet jy soos so 'n persoon dink. Ons denke bepaal ons lewenstyl. Ons manier van dink bepaal ons gevoelens, wat weer ons optrede bepaal. ’n Ingesteldheid van dankbaarheid kan dus een van ons beste bates wees.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/