Leef vryVoorbeeld

Leef vry

DAG 5 VAN 7

Tevrede om gereed te wees

Die Here sal ongetwyfeld aanhou om goeie dinge in jou, deur jou en vir jou te doen in die hede ongeag hoeveel goeie dinge Hy in die verlede vir jou gedoen het. Dit is net hoe Hy is. Hy is heilig en liefdevol. Dalk kon jy die heerlike geur van koffie diep in jou longe trek vanoggend of jou tiener het jou bestaan erken in die parkeerterrein by die skool. Dit is die goedheid van die Here in die land van die lewendes! As ons eerlik om ons rondkyk, sien ons hoe uitermate geseënd ons is. Ons durf nie ontevrede wees nie.

Tevredenheid beteken dat jy vandag, terwyl jy lewe en die krag het, vasklou aan verwondering. Jy is bereid om betrokke te raak by koninkryksake wat groter is as jy. Omdat jy nie weet hoeveel tyd jy nog het nie, lewe jy in vrede met ander mense, sover dit van jou afhang.

So ’n ingesteldheid — dankbaar vir die verlede en tevrede in die hede — stel ons in staat om gereed te wees vir die toekoms. Enigiets anders wat God byvoeg soos byvoorbeeld om te weet wat volgende gaan gebeur in jou familie, loopbaan, verhouding, studies of jou besigheid wat nog in sy babaskoene is, is ’n bonus.

Ons hoef nie noodwendig te weet wat die volgende stap is nie; ons moet net gereed wees om 'n tree te gee. Jesus is die Goeie Herder. Hy lei ons na groen weivelde en beloofde oases. Jy kan Hom vertrou om jou ook te lei.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Leef vry

Ek is seker jy wil vry wees om die beste moontlike weergawe van jouself te wees. Ek ook. Maar om daardie persoon te wéés, moet jy soos so 'n persoon dink. Ons denke bepaal ons lewenstyl. Ons manier van dink bepaal ons gevoelens, wat weer ons optrede bepaal. ’n Ingesteldheid van dankbaarheid kan dus een van ons beste bates wees.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/