Leef vryVoorbeeld

Leef vry

DAG 2 VAN 7

Dankbaar

Hierdie man was een van tien wat genees is. Die ander nege het hulle maniere vergeet. Jesus het hieroor opgemerk: “Was daar dan nie tien wat gesond gemaak is nie? Waar is die ander nege?” (Lukas 17:17).

Dankbaarheid vir wat God in die verlede vir ons gedoen het, maak ons vry om te floreer. Jy het ten minste een ding waarvoor jy dankbaar kan wees: Jesus het genoeg aan die kruis gedoen om vir jou leeftyd te hou. Om die waarheid te sê, dit was genoeg om ’n ewigheid te hou. Wat Jesus vir jou gedoen het, kan nie ongedaan gemaak word nie — nie deur enige mens of enigiets wat gebeur nie. Dit is volbring. Die seëninge het nie by die kruis opgehou nie, hoe wonderlik dit ook al klink. As ons terugkyk oor ons lewens, is daar soveel ander dinge in ons verlede waarvoor ons ook dankbaar kan wees. Ons kan vrede ervaar oor ons verlede as ons ons dankbaarheid hieroor teenoor God betuig.

As jou verlede onuitspreeklik traumaties was, is die uitdaging dalk om in gebed met God te worstel totdat jy die waarheid kan aanvaar dat God selfs daardie trauma kan gebruik om goeie dinge in jou lewe na vore te bring. Dank God dat jy, deur sy genade, die verlede kan los waar dit hoort — en dit is agter jou. Dank God dat Hy jou nog altyd in sy genade vasgehou het. Dit kan moeilik wees en onmoontlik voel om dankbaar te wees, maar dit kan die eerste tree wees om te vertrou dat God vir jou net soveel vreugde sal gee as die lyding wat jy beleef het (Psalm 90:15).

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Leef vry

Ek is seker jy wil vry wees om die beste moontlike weergawe van jouself te wees. Ek ook. Maar om daardie persoon te wéés, moet jy soos so 'n persoon dink. Ons denke bepaal ons lewenstyl. Ons manier van dink bepaal ons gevoelens, wat weer ons optrede bepaal. ’n Ingesteldheid van dankbaarheid kan dus een van ons beste bates wees.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/