Die Beloofde MessiasVoorbeeld

Die Beloofde Messias

DAG 15 VAN 29

Oordenkingsvrae:

1. Jesus het vir ons gely sodat ons nooit alleen in ons pyn en lyding sou wees nie. Watter lyding ervaar jy op die oomblik? Hoe het jy gesien dat Jesus saam met jou in hierdie seisoen wandel?

2. Waarom is dit betekenisvol dat Jesus deur sy volgelinge verlaat is? Waarom is dit betekenisvol dat Jesus deur God verlaat is toe Hy aan die kruis gehang het?

3. Is daar terreine in jou lewe waar jy jou redding deur werke probeer verdien? Hoe bied Hebreërs 10:10–12 vertroosting wanneer dit ons herinner dat ons verlossing uit genade alleen is?

4. Is lyding 'n gevolg van sonde? Hoekom of hoekom nie?

5. Waarom gee die opstanding van Christus ons die versekering dat ons ook die opstanding sal ervaar nadat ons gesterf het?

Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Die Beloofde Messias

Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie studie gaan ons dieper delf in die spesifieke messiaanse beloftes wat God aan sy volk gemaak het en hoe Jesus elkeen van hierdie beloftes vervul het.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.loveGodgreatly.com