Die Beloofde MessiasVoorbeeld

Die Laaste Vyand
Lees: Job 19:25; Lukas 24:1–10; Jesaja 26:19; Johannes 5:24–29; 1 Korintiërs 15:20–26
SOAP: Job 19:25
"Ek weet dat my Losser leef, uiteindelik sal Hy op die aarde triomfeer!"
Oordenking
Deurgaans in die geskiedenis van God se volk het Hy vir hulle die belofte van opstanding gegee. Ons vind hierdie belofte so vroeg as die verhaal van Job, wat vermoedelik rondom dieselfde tyd as Abraham geleef het. Job was nie deel van die volk van Israel nie, maar hy het dwarsdeur sy lewe getrou saam met God gewandel, selfs toe hy met ondenkbare tragedie gekonfronteer was. Job het geweet en het met oortuiging geglo dat sy Verlosser eendag sou kom en die dood vir eens en vir altyd oorwin.
Die res van die Skrif dui daarop dat hierdie Verlosser Jesus Christus is. Jesus se opstanding was nie die enigste opstanding wat in die Bybel opgeteken is nie, maar dit is die enigste opstanding in ‘n verheerlikte liggaam. Ander wat uit die dood opgewek is, het uiteindelik weer gesterf (Lasarus, die weduwee se seun, ens.). Maar Jesus se opstanding was volkome en finaal. Hy is opgewek en leef vir ewig. Sy opstanding bewys sy mag oor die dood en sonde.
Nie net is Jesus uit die dood opgewek nie, maar Hy belowe ook ‘n opstanding vir diegene wat in Hom glo. Die profeet Jesaja het gepraat van God se belofte om die dooies weer lewend te maak en Jesus het ook beloof dat die dooies weer sou leef. God het aan sy Seun die gesag gegee om die dooies op te wek, en eendag sal Hy diegene wat in Hom glo, roep, en die dooies sal opgewek word.
Die mag van die opstanding behoort alleenlik aan God. Net Hy het die mag oor die sonde en die dood. Omdat Jesus uit die dood opgewek is, sal ons ook liggaamlike opstanding ervaar. Die opstanding van Christus gaan ons vooruit, om die weg vir ons liggaamlike opstanding in die ewigheid voor te berei.
Christus was die eerste wat uit die dood opgewek was. Ons kan glo dat God sy opstandingswerk sal voortsit, want Christus is opgewek. Deur Adam het ons die dood verdien en geërf, maar in Christus word ons opgewek en weer lewend gemaak. Hy het reeds die laaste vyand oorwin, en eendag sal ons saam met Hom in oorwinning staan.
Aangaande hierdie leesplan

Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie studie gaan ons dieper delf in die spesifieke messiaanse beloftes wat God aan sy volk gemaak het en hoe Jesus elkeen van hierdie beloftes vervul het.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.loveGodgreatly.com
Verwante Leesplanne

Delf dieper deur Romeine

Staan weer op

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Voltydse Volharding
