Die Beloofde MessiasVoorbeeld

Opgevaar Bo Die Hemelruimtes
Lees: Psalm 68:19–21; Lukas 24:50–53; Efesiërs 4:8–10; Hebreërs 1:3
SOAP: Efesiërs 4:10
"Die Een wat neergedaal het, is ook die Een wat opgevaar het bo alle hemelruimtes uit om alles met sy teenwoordigheid te vul. "
Oordenking
Jesus het aarde toe gekom vir 'n baie spesifieke doel. Ons vier sy eerste koms in hierdie seisoen van Advent. Ons het 'n maand van die jaar opsy gesit om die afwagting te herdenk wat God se mense al daardie honderde en duisende jare ervaar het terwyl hulle op die beloofde Messias gewag het.
Met die wete dat die Messias reeds een keer gekom het, is ons in afwagting van sy wederkoms. Jesus se eerste koms was om ons van sonde en dood te red. Sy volmaakte lewe en offerdood het die prys betaal wat ons vir ons sonde verskuldig was. Hy het in ons plek gesterf sodat ons nooit geestelike dood en skeiding van God sou hoef te ervaar as ons ons geloof in Hom plaas nie.
Psalm 68 beskryf hoe die Messias nie net ons laste dra en ons verlos nie, maar dat Hy ook sou opvaar na die hemel. Die hemelvaart kan dikwels soos 'n nagedagte voel in die gebeure rondom die opstanding, maar dit is 'n deurslaggewende deel van God se belofte.
Deur vir ons sonde te sterf, het Jesus na wat "laer" is neergedaal, soos Paulus in Efesiërs 4 sê. Daar is 'n handvol gedeeltes wat bespreek wat gebeur het in die dae tussen Jesus se dood en opstanding en geleerdes het die betekenis van hierdie gedeeltes vir eeue gedebatteer. Wat ons egter weet waar is, is dat Jesus in werklikheid die sonde en die dood oorwin het. Jesus het die diepte van lyding en pyn ervaar wat voortspruit uit die feit dat Hy deur God verlaat is, die lyding en pyn wat ons verdien as gevolg van ons sonde.
Jesus het neergedaal, maar toe het Hy ook, na sy opstanding, opgevaar na die regterhand van God. Hy het God se voornemens bereik, en Hy het opgevaar na die hemel na sy troon. Dit is waar Hy bly nadat Hy sonde en die dood heeltemal oorwin het, totdat Hy terugkom om ons te neem om vir ewig by Hom te wees.
Aangaande hierdie leesplan

Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie studie gaan ons dieper delf in die spesifieke messiaanse beloftes wat God aan sy volk gemaak het en hoe Jesus elkeen van hierdie beloftes vervul het.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.loveGodgreatly.com
Verwante Leesplanne

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Voltydse Volharding

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Delf dieper deur Romeine

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
