Die Beloofde MessiasVoorbeeld

Vir Ons Verlaat
Lees: Psalm 22:1; Matteus 26:55–56; 27:46; 2 Korintiërs 5:21
SOAP: 2 Korintiërs 5:21
"Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees."
Oordenking
Hierdie week, terwyl ons na Jesus, die Lydende Dienaar kyk, sien ons al die maniere waarop Hy lyding verduur het ter wille van ons verlossing. Ons rebellie het Hom aansienlike lyding veroorsaak toe Hy die straf vir ons sondes betaal het. Hy het nie net fisieke lyding in die gesig gestaar nie, maar sosiale verwerping, verlating in sy verhoudings asook sielkundige nood.
Toe Jesus voor sy gevangenisneming in die tuin was, het die wagte met swaarde en stokke op Hom afgestorm. Hulle het met groot krag na Hom gekom en verwag dat Hy sou terugveg. Hulle het Hom so verag dat hulle bereid was om Jesus te slaan om Hom gevange te neem. Wat meer is, op daardie oomblik het al sy dissipels van Hom af gevlug. Nie een van die mense wat Hom vir jare getrou gevolg het, het by Hom bly staan in sy oomblik van nood nie.
Selfs erger as dit alles, terwyl Jesus aan die kruis gehang het, het Hy die volle gewig van ons sonde ervaar. Hy het tot God geroep en gesê: “Waarom het U my verlaat?” Nie net is Jesus deur sy vriende en volgelinge verlaat nie, maar omdat Hy sonde gemaak was, kon God die Vader, die Heilige, nie meer na Hom kyk nie. Jesus was totaal alleen toe Hy aan daardie kruis gehang het.
Eeue vroeër het Dawid dieselfde klaaglied geskryf. Hy het na God uitgeroep en gesê: "Waarom het U my verlaat?" God het Dawid nie verlaat nie, al het Hy pyn ervaar en gevoel asof Hy in die steek gelaat is. Jesus het wel die volle toorn van God ervaar, die volle pyn om deur God versaak en verlaat te word as gevolg van sonde. Hy het daardie pyn verduur, pyn wat ons nooit kan peil of ervaar nie.
Jesus se pyn het 'n doel gehad. Sy volmaakte, sondelose lewe was die enigste aanvaarbare offer vir die skuld wat ons sonde veroorsaak het. Hy het ons sonde en die volle toorn van God op Hom geneem en sy geregtigheid vir ons gegee. As gevolg van sy pyn is ons nuut gemaak. As gevolg van sy lyding is ons vergewe. Omdat Hy verlaat was, word ons aanvaar.
Aangaande hierdie leesplan

Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie studie gaan ons dieper delf in die spesifieke messiaanse beloftes wat God aan sy volk gemaak het en hoe Jesus elkeen van hierdie beloftes vervul het.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.loveGodgreatly.com
Verwante Leesplanne

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Voltydse Volharding

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Delf dieper deur Romeine

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
