LewenskwessiesVoorbeeld
Hartgesondheid — Bekering
Die Oefening van Bekering. Hierdie vierde oefening maak jou hart so gesond soos 'n vis in die water. Wat is bekering? Bekering is bloot 'n U-draai, 'n 180-grade draai. Om jou te bekeer, beteken 'n gedagteverandering wat uiteindelik tot 'n verandering van optrede behoort te lei en dit begin dikwels met belydenis. Bekering is 'n verandering in rigting. Matteus 3:8: “Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is.” Wanneer dit by bekering kom, is daar verskillende kategorieë van mense.
Die eerste kategorie is die mense wat glo dat hulle goed is, daarom het hulle niks om hulle van te bekeer nie. Die Bybel sê egter as God ongeregtigheid sou merk, wie sal kan bly staan? Daar is geen goeie mens nie. Die tweede kategorie is mense wat glo daar is geen verlossing vir hulle nie. Sulke mense voel dat God hulle nie kan vergewe nie. Die vraag is nie of God jou kan vergewe nie. Die vraag is, kan jy jouself bekeer? God sê dat, wanneer jy tot bekering kom, Hy jou nie sal verwerp nie.
Kan daar vergifnis wees sonder bekering? Ek het verskillende sienings hieroor gehoor. Dít sal ek egter sê: God sal jou nie vra om te doen wat Hy nie kan doen nie. God verwag van ons om selfs diegene te vergewe wat nie om vergifnis gevra het nie. Hoekom sal Hy vir ons sê om dit te doen? Dit is omdat dit is wat Hy gedoen het. Die Bybel sê toe ons nog sondaars was, het Hy vir ons gesterf. Jesus het vergewe en gebid vir die vergifnis van diegene wat Hom aan die kruis gespyker het. Al ons sondes, verlede, hede en toekoms het Hy aan die kruis vergewe. Moet dit nie verkeerd verstaan nie, vergifnis is een ding en verhouding is 'n ander. Of mense nou om verskoning vra of nie, ons moet hulle vergewe. Die persoon sal egter dalk nooit weer 'n verhouding met ons kan hê nie.
Hoekom moet ons ons dan bekeer? Ons moet ons bekeer sodat ons die genade van God kan binnegaan — die genade van die herstel van ons verhouding met God. Bekering is die poort na genade en dit is genade wat ons toegang gee tot die dinge van God. Dit beteken dat, as ons nie tot bekering kom nie, ons nie regtig saam met God kan wandel nie. Sonder 'n wandel met God kan ons nie in die volheid van God ingaan nie. As jy daagliks die oefening van bekering beoefen, sal jou hart só gesond wees.
Refleksies
1. Waaroor moet jy met God praat op grond van vandag se leeswerk?
2. Skryf een handeling neer om te neem op grond van vandag se leeswerk.
Aangaande hierdie leesplan
Die hart, geestelik en fisiek, vereis aandag. God sê jy moet jou hart bo alle ander dinge met alle ywer bewaak as gevolg van al die lewenskwessies wat uit jou hart vloei deur die loop van jou lewe. Begin hierdie 8-dag hart-stappie deur Femi Monehin.
More