LewenskwessiesVoorbeeld
Hartaanval
Al die druk wat jy voel en al die dinge waardeur jy gaan, is aanvalle op jou hart. Weet jy hoekom? Dit is omdat jou hart jou vesting is. Wanneer die vesting val, val die koninkryk. Daarom moet die vesting beskerm word en is dit gewoonlik die laaste wat val — ás dit enigsins val. Jou hart is jou vesting van krag, die plek wat nie mág val nie. Ek bid in die magtige Naam van Jesus dat elke aanval op jou hart tot niks sal kom nie.
Hartaanval #1: Die 3 D's (in Engels: Disappointment, Discouragement and Disillusionment) — Teleurstelling, Moedeloosheid en Ontnugtering. Dit begin alles met teleurstelling wat tot moedeloosheid lei en dan tot ontnugtering. Die meeste mense wat 'n hartaanval kry, kan hulself nie help nie. Dus het hulle ondersteuning nodig. As jy hartaanval #1 ervaar, het jy hulp nodig, jy het gemeenskap nodig. Vir moedeloosheid spreek ons bemoediging. Vir teleurstelling gee ons perspektief. In Jesus se magtige Naam breek ons die krag van ontnugtering.
Hartaanval #2: Haat.Elke keer as jy in die versoeking kom om te haat, is dit 'n aanval, 'n hartaanval. Haat het geen plek in jou nie. Haat het geen mag oor jou nie. Mag jou hart gevul wees met die liefde van God.
Hartaanval #3: Vrees. Vrees keer dat mense aanbeweeg.
Hartaanval #4: Afguns en Jaloesie. Dit is een van die maniere waarop die vyand jou uitbuit. Jy voel afguns oor iets wat jy wil hê, maar nie het nie. Jy voel jaloers oor iets wat jy reeds het, maar bang is om te verloor. Beide afguns en jaloesie is verskriklik omdat dit jou onvoldoende en onbevoeg laat voel.
Hartaanval #5: Bitterheid. Meestal regverdig ons bitterheid met die wete dat ons reg is. Die feit dat jy reg is, gee jou nie die reg om bitter te wees nie. Perry Noble het geskryf: "Ek bid dat jy sal genees van dinge waarvoor niemand ooit om verskoning gevra het nie." Wanneer mense om verskoning vra vir die verkeerde dinge wat hulle gedoen het, help dit ons eintlik genees. Raai wat? Jy het nie iemand se verskoning nodig om hulle te vergewe nie. Nêrens staan geskryf "vergewe na verskoning" nie. Jy kan vergewe sonder dat mense om verskoning vra.
As jy wil verander wat jy in jou lewe kan sien, moet jy die saad verander wat jy in jou hart saai. Jy moet ook kyk wat jy toelaat om in jou hart te blom. Jou hart is die belangrikste in jou lewe, so máák jou hart die nommer een prioriteit van jou lewe en jy sal vrede in jou lewe hê.
Besinning
1. Waaroor moet jy met God praat op grond van vandag se leeswerk?
2. Skryf een handeling neer om te neem gebaseer op vandag se leeswerk.
Aangaande hierdie leesplan
Die hart, geestelik en fisiek, vereis aandag. God sê jy moet jou hart bo alle ander dinge met alle ywer bewaak as gevolg van al die lewenskwessies wat uit jou hart vloei deur die loop van jou lewe. Begin hierdie 8-dag hart-stappie deur Femi Monehin.
More