Die Onderstebo Koninkryk: 'n 8-dag Studie deur die SaligsprekingeVoorbeeld
![The Upside Down Kingdom: An 8 Day Study Through the Beatitudes](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F39727%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Sagmoedigheid in 'n Vyandige Wêreld
Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang (Matteus 5:5).
LAAT ONS BEGIN
In 1095 het pous Urbanus II aangedring op dit wat bekend gestaan het as Die Eerste Kruistog — om Jerusalem van die Moslems terug te eis — met die volgende kreet: "Deus Vult", wat "God wíl dit" beteken. Met dieselfde kruistoggees het baie veroweraars (van Portugal en Spanje) probeer om die Christendom deur die Amerikas te versprei — nog 'n verhaal van brutaliteit in die Naam van Jesus. Die Dertigjarige Oorlog (1618 tot 1648) word ook in herinnering geroep, toe Katolieke en Protestante mekaar van aangesig tot aangesig op die slagveld met primitiewe wapens ontmoet het, wat miljoene sterftes tot gevolg gehad het.
Dit alles lei ons tot by die vraag: watter rol behoort mag in die Christelike lewe te speel — die oproep om “krag van bo” (Lukas 24:49) waardeur die koninkryk in hierdie wêreld uitgebrei word?
GODSDIENSTIGE INSIG
Die hartklop van sagmoedigheid is die selfopofferende liefde van God; kragtig gesien in Christus wat sy lewe aflê. Sagmoedigheid moet nie met swakheid verwar word nie. Paradoksaal kan sagmoedigheid gedefinieer word as sagte krag wat deur die Heilige Gees beheer word — en dít sal die aarde beërwe.
WAARNEMINGS
Ons saligspreking sê: “Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang” (Matteus 5:5). Die werkwoord “ontvang” dui op 'n vaste besitting, 'n gawe wat God in ons hande plaas. Wat beteken dit — om die aarde te besit? Psalm 37 praat van die sagmoediges wat die land (die land vir Israel) beërwe. Die geseënde sagmoediges is diegene wat op die Here vertrou. Hulle keer hulself weg van woede. Hulle wag geduldig — en God beloon hulle met die beloofde land.
Ons teks sê nie "grond" nie. Jesus sê die sagmoediges sal die “aarde” beërwe. God se seën is op almal gemik. Nou behoort die koninkryk aan mense uit elke stam, taal en nasie. Teoloë verwys na die Koninkryk as “reeds en nog nie”. Die volle erfenis sal in die toekoms kom. Die seëninge het egter reeds begin, insluitend intieme gemeenskap met God … 'n skoon gewete … vrede ... en geestelike vrug.
TOEPASSING
Regoor Christus se koninkryk het ons nie naastenby genoeg individue wat bereid is om Christus se Kerk met sagmoedigheid te lei nie — dit wil sê met sagte krag wat deur die Heilige Gees beheer word. In plaas daarvan sit baie terug en wag vir ander om te lei, om te besluit en om die werk van die bediening voort te sit. Die Kerk kwyn — en die duiwel kekkellag. In sulke oomblikke vergeet ons dat Christus 'n leeu is, 'n teenstander van oneffektiewe godsdiens, wat sy volgelinge roep om in 'n geestelike stryd betrokke te raak.
Om die onbeskryflike krag van sagmoedigheid te sien, moet ons nie na sagmoedigheid self kyk nie, maar na die Here Jesus Christus, die Koning van sagmoedigheid wat Homself verneder het tot die dood toe, selfs die dood aan 'n kruis (Filippense 2:8). Met so 'n visie voor oë sal ons geïnspireer word om in die kerk en tuis met sagte krag, beheer deur die Gees te dien. Dan sal 'n wêreld wat in soveel twis vasgevang is die verskil sien wat Christus-vererende sagmoedigheid maak.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![The Upside Down Kingdom: An 8 Day Study Through the Beatitudes](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F39727%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
In die saligsprekinge (Matteus 5:2-12) spoor Jesus ons aan om onsself van die wêreld af te sonder, deur in 'n teenkultuur te leef met 'n nuwe identiteit wat in Hom gewortel is. Die Onderstebo Koninkryk ondersoek hierdie teenintuïtiewe wysheid sowel as die relevansie daarvan vir vandag.
More