Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling na KersfeesVoorbeeld
![Joy! to Your World! A Countdown to Christmas](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F396%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die skaapwagters in die Kersverhaal het weke lank in die veld by hulle skape gebly en onder die sterrehemel in die wind en reën geslaap. Hulle het bewend van die koue rondom hulle kampvure in die donker nag gesit en probeer wakker bly terwyl hulle die skape opgepas het. Die skape was van nature dom, ongehoorsaam, rusteloos en onwelriekend.
Die skaapwagters was ongeskoolde manne met vuil vingernaels. Ek wonder of hulle dalk hulpeloos gevoel het ... met niks om na uit te sien nie, wetend dat niks omtrent hul lewens ooit sal verander nie. Die lewe kan gou nutteloos voorkom as jy 'n man is wat met skaapkwyl op jou klere en skaapmis tussen jou tone rondloop.
Onverwags het die hemel oopgebars in hierdie klein, koue, donker wêreld van die skaapwagters. Die lied van die engele het in die oorlogsone van die aarde losgebars, en dit het die vreugde van die hemel in hul onveranderde, vormlose bestaan aangekondig! Sterre het in uitsonderlike, helder kleure geval en oopgebars, terwyl die hemel oopgegaan het, en 'n majestueuse engelekoor 'n simfonie begin sing het wat tot vandag toe gehoor kan word!
Jesus het die vreugde van die hemel na hierdie donker, koue wêreld gebring, en dit is tot vandag toe nog steeds sy geskenk aan jou. Sy teenwoordigheid in jou lewe laat skaapwagters dans en engele sing. Jou hart kan van vreugde oopbars omdat 'n Baba meer as 2000 jaar gelede gebore is.
Jy kan vreugde ervaar as gevolg van Jesus ... jy kan in vrede leef danksy hierdie Baba.
Die eerste woorde wat die engele gebruik het om die geboorte van Jesus Christus te beskryf, was "vreugde" ... en dit behoort ook die eerste woorde te wees wat jou beskryf! Vreugde is die geboortemerk van 'n Christen, want toe jy Jesus in jou hart ingenooi het, het vreugde ook ingekom. Jy is lewenslank gemerk met sy vreugde. Jy is nou 'n kanaal vir sy teenwoordigheid, waar daar altyd vreugde is.
Jou lewe het 'n doel as jy hierdie Christuskind in die donker, onrustige wêreld inbring. Jou hopelose lewe verander in 'n doelgerigte lewe as jy ontdek dat dit 'n eer is om sy teenwoordigheid na die mensdom te bring.
Maria was die eerste mens wat verwagtend was met God, sodat ons ook draers van sy Goddelike DNS kan wees! Hemelse DNS word V-R-E-U-G-D-E gespel!

Aangaande hierdie leesplan
![Joy! to Your World! A Countdown to Christmas](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F396%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige leefwêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word en dat die hemel net een antwoord ver is. Hierdie leesplan verken deur middel van Maria, Josef, Sagaria en Elisabet, die skaapwagters en die wyse manne se ondervindings die betekenis van die eerste Kersfees en hoe dit deesdae ons lewens raak.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com
Verwante Leesplanne
![Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F9212%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus
![Een Woord Wat Jou Lewe Sal Verander](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F809%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Een Woord Wat Jou Lewe Sal Verander
![Glo God Is Goed — Ongeag](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1930%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Glo God Is Goed — Ongeag
![Advent: Die Reis Tot By Kersfees](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13463%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Advent: Die Reis Tot By Kersfees
![Span Jou Tyd In Vir God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1355%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Span Jou Tyd In Vir God
![Reis Na Die Krip](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F9390%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Reis Na Die Krip
![Nuwe Jaar, Nuwe Genade](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13613%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Nuwe Jaar, Nuwe Genade
![Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die Gees](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1032%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die Gees
![Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54537%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)