Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John PiperVoorbeeld

Live By The Spirit: Devotions With John Piper

DAG 4 VAN 7

Die Gees Hou Ons Veilig

In Christus ... is julle as die eiendom van God beseël. Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys — Efesiërs 1:13-14.

God se grootste begeerte vir sy mense is dat hulle veilig sal voel in sy liefde en krag. Al die ander goed in die lewe mag onstabiel wees — ons gesondheid, ons gesin, werk, opvoeding, gemeenskap, ons wêreld. Op enige van hierdie vlakke mag jy voel dat jy op die veertigste verdieping van 'n hoë gebou staan terwyl 'n rukwind waai. Jy voel dat jy besig is om balans te verloor en gaan val, en elke baksteen waaraan jy wil vashou raak los.

Aangesien God alle dinge tot sy lof en heerlikheid doen; en aangesien geloof in sy Woord daardie heerlikheid verder benadruk, tree God beslissend op om sy verhoogde heerlikheid vir ewig te verseker: Hy verseël die gelowige met die Heilige Gees en waarborg dat ons ons erfenis sal kry terwyl ons sy heerlikheid prys.

God is passievol daartoe verbind om mense te hê wat Syne is en wat vir ewig tot sy lof en eer sal lewe. Hy sal nie toelaat dat ons ewige tuiste afhanklik is van ons krag of eie toedoen nie. Hy gee aan die Heilige Gees opdrag om in ons te woon en ons vir ewig veilig te hou.

God stuur die Heilige Gees as 'n seël om ons geloof vir ewig te behou, as 'n oorspronklike seël om ons as sy kinders te bevestig en as 'n beskermende seël om vernietigende kragte te keer. God wil hê dat ons veilig voel in sy liefde en krag.

In Efesiërs 1:4-6 sê God: "So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het."

Ek wil hê dat julle in my liefde en krag veilig sal voel, want daar word nie 'n maklike lewe belowe nie: “Ons sal eers deur baie verdrukking moet gaan voordat ons in die koninkryk van God kom” (Handelinge 14:22). "Kom ek herhaal: Ek het jou uitgekies. Ek het jou voorbestem; jou verlos; Ek het jou deur my Gees as my eiendom beseël. Jou erfenis is gewaarborg omdat ek met oorgawe daaraan toegewy is om die heerlikheid van my genade om jou te verlos, groot te maak" (Efesiërs 1:13-14 soos aangepas deur die skrywer).

Lees meer: http://www.desiringgod.org/messages/sealed-by-the-spirit-to-the-day-of-redemption

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Live By The Spirit: Devotions With John Piper

7-Dag Oordenking oor die Heilige Gees deur John Piper

More

Baie dankie aan John Piper en "Desiring God" wat hierdie leesplan beskikbaar gemaak het. Besoek http://www.desiringgod.org/ vir meer inligting