Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John PiperVoorbeeld

Live By The Spirit: Devotions With John Piper

DAG 3 VAN 7

Die Gees Oorwin Vrees

Ek sal volop water gee op die dorsland, strome op die droë grond. Ek sal my Gees uitgiet op jou kinders, my seën op jou nakomelinge. — Jesaja 44:3

Weet jy hoekom dit makliker is om op 'n Vrydag vriendelik teenoor mense te wees, eerder as op 'n Maandag? Is dit nie omdat hoop soos 'n rivier is wat in ons vloei en ons met vreugde vul en ons laat oorloop van vriendelikheid nie?

Vrydae is rus en ontspanning om die draai. Ons sien uit na die naweek. Ons blydskap raak meer. As ons die naweek terdeë geniet, loop ons weer oor van vreugde.

Hierdie "oorloop van vreugde" wat ons met ander deel, word liefde genoem. Jy is altyd vriendeliker teenoor mense as jy gelukkig oor die toekoms voel. Hoop bring vreugde en dit spoel oor in glimlagte, mooi woorde en goeie dade. Dit vind net voor vakansies, verjaarsdae, Kersfees en ... vir baie mense op Vrydae plaas.

As ons van die Gees deurdrenk is, is ons vol versekering dat Maandae, net soos Vrydae, in die hemel gemaak is. Wat jou ook al bangmaak oor môre, hoef nie vreesaanjaend te wees as jy met die Gees vervul is nie. Daar mag spanning in die huis wees, jou gesondheid is dalk besig om agteruit te gaan, jy gaan dalk jou werk verloor en môre mag jy dalk 'n hewige argument met iemand hê — wat jou ook al angstig maak oor môre, maak jou hart oop vir die uitstorting van God se Gees; vind hoop in sy Woord dan sal jy jou vrese kan oorkom.

Vrese verdwyn en verlangens word bevredig. Die siel se dors na God word geles — of ten minste ervaar ons genoeg bevrediging in Hom om te weet waar ons ons dors in die toekoms kan les.

Ons toekoms kan vir twee redes nie so rosig lyk nie: een is die vermoede dat iets slegs gaan gebeur; die ander is die vermoede dat ons nie geluk sal ervaar nie. Word die mens se hart nie juis deur hierdie twee dinge moeg gemaak nie: vrees vir die toekoms en die dors na geluk? Jesaja se belofte is juis wat ons nodig het: as die Gees in ons hart uitgestort word, verdwyn vrees en ons dors word geles. Ek moedig jou aan dat jy die Woord dag en nag lees as jy verlang dat die Gees van God in jou lewe sal werk.

Vind meer uit http://www.desiringgod.org/messages/a-precious-promise-the-outpouring-of-gods-spirit

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Live By The Spirit: Devotions With John Piper

7-Dag Oordenking oor die Heilige Gees deur John Piper

More

Baie dankie aan John Piper en "Desiring God" wat hierdie leesplan beskikbaar gemaak het. Besoek http://www.desiringgod.org/ vir meer inligting