Dis Tyd Vir Vrae VraVoorbeeld

Dis Tyd Vir Vrae Vra

DAG 5 VAN 5

DAG 5 Wat sien ander?

Numeri 6:24-26: "Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!"

Numeri 6:24-26 AFR53: "Die Here sal jou seën en jou behoed; die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee."

Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) verduidelik die betekenis van die volgende woorde baie goed:

Korrosie: verwering deur roes, water en wind.

Roes: 'n rooi- of bruingeel bedekking wat deur verbinding met suurstof op die oppervlak van yster of staal ontstaan.

Anker: 'n swaar ystervoorwerp wat gebruik word om ‘n skip aan die seebodem vas te lê.

'n Vriend stuur vir my 'n e-pos na aanleiding van ‘n tragiese gebeurtenis: “Sy’s ‘n sterk anker wat politoer nodig het. Die grillerige goed moet afgevryf word sodat sy weer kan blink." Korrosie verbloem en maak dood. 'n Mens kan nie met oorgawe leef as jou anker (gees en menswees) nie politoer kry nie. Politoer maak skoon en blink.

'n Mengelmoes van grillerige, growwe en lelike goed groei soms op ankers. Brak water is nie goed vir ankers nie. Vars, bewegende water spoel af en maak skoon.

Die groot Geneesheer glimlag by die aanskoue van die stormagtige, diep waters. Hy behandel jou met ander water — water wat lewe bring. Korrosie en roes sal nie verniel nie. Dis Hy alleen wat jou uit die stormagtige waters rondom jou kan uitlig totdat jou storm bedaar.

Here Jesus, poleer my siel en menswees blink sodat ander u gesig sal sien en dat ek, geanker in U, ook vir ander kan bystaan.

Lees gerus ook Hebreërs 13:5 in verskillende vertalings en sien wat God vir jou belowe! Hy is nie ‘n mens dat Hy kan lieg nie.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Dis Tyd Vir Vrae Vra

'n Mens haak soms tydens jou reis met God by verskeie vrae vas. Ons almal het vrae oor verskillende dinge. In hierdie leesplan is daar vyf vrae wat jy heel moontlik al êrens op jou lewensreis gevra het. Jy kan natuurlik op verskeie maniere oor 'n vraag dink. Lees gerus hierdie leesplan — dalk is daar vrae waarmee jy kan identifiseer!

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/