Die Albaste Fles Voorbeeld

The Alabaster Jar

DAG 5 VAN 5

Passie Wat Terugkeer

As gevolg van haar passie en vrygewigheid, het Maria kritiek van Judas gekry oor haar prioriteite. In antwoord op Judas het Jesus gesê dat daar altyd geleenthede sal wees om te dien. Maria het geweet wat nodig was, in teenstelling met haar suster Marta, wat altyd te besig was. (Lukas 10:42) Hierdie één ding, was om Jesus te aanbid. 

Uit Maria se voorbeeld leer ons dat ware aanbidding 'n lewe is wat uitgegiet word in antwoord op 'n God wat homself gegee het.  "Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word." (Filippense 2:6-7)

Dit is 'n baie kragtige beeld; God wat homself gee. Hy het mens geword en nederig tussen mense kom woon, wat in vandag se terme as armoedig beskou sou word. 

Jesus, ons God, het baie gegee om op aarde gebore te word.

Hierin sien ons die perfekte daad van vrygewigheid. Hy het sy lewe vir almal gegee. Dit was die kosbaarste en belangrikste geskenk wat ooit gegee is. Vyf dae later was Jesus oppad na die kruis met die lieflike geur van die parfuum nog in sy geheue. God was soos kosbare parfuum uitgegiet en leeggemaak aan die kruis en aanvaar as 'n boetedoening vir ons sonde. Passie het teruggekeer.

Hier, aan die einde van ons 5-dag reis, vra vir God om tot jou hart te spreek oor die passie en vrygewigheid wat ons gesien het. Laat toe dat Maria se passie deel word van jou aanbidding, net soos die parfuum wat sy uitgegooi het. Vind rus in Jesus se teenwoordigheid en wees dankbaar. Dink na oor jou reaksie op alles. 

Besoek Tearfund.org en kom meer te wete oor ons werk. 

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Alabaster Jar

'n Lewe wat uitgegiet is. Ons sien hierdie voorbeeld in die lewe van Maria wat Jesus gesalf het. (Johannes 12:1-8) Kom ons gebruik die volgende vyf dae om ook soos Maria te maak, wat die albaste fles gebreek het, sodat ons oorweldig kan word met Jesus se geur.

More

Baie dankie aan "Tearfund" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.tearfund.org/yv