Leesplan inligting

Die Albaste Fles Voorbeeld

The Alabaster Jar

DAG 1 VAN 5

Uiterste Blootstelling 


Ek sal nooit die tyd in Kambodja vergeet toe ek op my eerste uitreik by 'n dame aan huis gebly het en sy my lewe vir altyd verander het nie. Ek noem haar "dame", want tot my skande, het ek gesukkel om haar naam uit te spreek, dus kan ek dit nie onthou nie. "Dame" is 'n aanspreekvorm wat respek toon en dit verteenwoordig hoe sy teenoor my opgetree het. 


Sy het nie 'n toilet gehad nie. Sy moes die veld gebruik. Daar was net een handpomp in die dorpie wat groen, slymerige water uitgespoeg het, waarvan die hele dorp gedrink het, maar nie ek nie. Sy het net een lig in haar bamboeshut gehad, wat met 'n karbattery gewerk het. Tog het sy die smaaklikste etes op 'n oop vuur voorberei. 


Daar was iets baie spesiaals omtrent my "dame". Sy was MIV-positief. Sy het dit by haar man aangesteek wat vir lang tye weg was om te gaan werk. Hy het die siekte in hulle huis gebring en het 'n paar jaar gelede gesterf. Sy het sy foto vir my gewys. Die raam was met papierblomme versier. 


Weens haar siektestatus het sy elke aand hierdie ritueel gehad. 


In die skynsel van die oop lig het sy voor die foto gaan sit en haar bril opgesit (wat sy uit gebuigde draad en los lense gemaak het), haar Bybel oopgemaak en die Skrif wat sy gekies het hardop gelees; dan het sy baie versigtig haar antiretrovirale medisyne gedrink. Daarna het sy haar kop laat sak en gebid. 


In daardie half-donkerte, met haar bril, Bybel en medisyne, het ek redding waargeneem. Lewe te midde van die dood. 


Wanneer ek oor Maria dink wat vir Jesus gesalf het, kom uiterste blootstelling in my gedagte — aanbidding wat vergelyk kan word met iemand wie se ingewande uitgeruk word. In antieke Grieks is die volle betekenis van die woord "aanbidding" iets soos "om vorentoe te tree vir 'n soen". Wanneer Jesus ons tot aanbidding roep, wil Hy hê dat ons in 'n diep, persoonlike verbintenis met Hom moet staan. By die "dame" en Maria, sien ons dat dit niks minder as jou algehele self, jou hele wese en lewe vereis nie. Uitgegiet en tot die uiterste toe blootgestel. 


Dink hieroor na en bid dat jy ook sal leer om so te aanbid.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Alabaster Jar

'n Lewe wat uitgegiet is. Ons sien hierdie voorbeeld in die lewe van Maria wat Jesus gesalf het. (Johannes 12:1-8) Kom ons gebruik die volgende vyf dae om ook soos Maria te maak, wat die albaste fles gebreek het, sodat o...

More

Baie dankie aan "Tearfund" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.tearfund.org/yv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid