Leesplan inligting

Die Albaste Fles Voorbeeld

The Alabaster Jar

DAG 2 VAN 5

Sit By Sy Voete

Wat weet ons nog van hierdie Maria? 

Wel, sy was Marta se suster. Ons lees van hulle in die evangelie van Lukas. In Lukas 10:39-42 lees ons van Jesus se besoek aan Betanië, waar 'n vrou genaamd Marta, hom in haar huis verwelkom het.

"Sy het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!” Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”  

Maria het die beter deel of "porsie", soos party vertalings sê, gekies. Is dit soos in 'n porsie kos? Maria het die beter kos, die enigste, ware lewendige brood van die lewe gekies. Marta, dit is beter as jou kos en dit sal nie van haar af weggeneem word nie. So het Jesus dit aan haar verduidelik. 

Wie het Maria gedink is sy? Niemand kon net by die voete van die Meester sit nie. Dit sou beteken dat die leermeester haar as sy leerling aanvaar het. Deur hierdie eenvoudige daad het Jesus Maria na 'n status verhoog wat hoër as dié van 'n man was. Hy het haar oneindige waarde aan haar, sowel as die gemeenskap, bekendgemaak, omdat Hy haar as dissipel gekies het. 

So baie lyding in die wêreld spruit uit die ongelykhede tussen mans en vrouens. Hierdie ongelykheid kan tot vroulike kindermoord lei, dit kan veroorsaak dat meisies nooit skool toe gaan nie, dat kinders gedwing word om te trou, dat vrouens se genitalieë vermink word en vrouens geweldadig behandel word. Tog het Jesus, ons God, Maria uitgenooi om sy dissipel te wees. 

Bid vandag vir iemand wat jy ken wat deur een van hierdie kwessies geraak word en bid dat ons sal leer om mekaar te eer, omdat ons almal na God se beeld geskape is.

<1>As jy meer oor die werk van Tearfund wil uitvind en wat hulle doen om geweld teenoor vroue te stuit, kan jy Amina en ander vrouens se storie by Tearfund.org gaan lees.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Alabaster Jar

'n Lewe wat uitgegiet is. Ons sien hierdie voorbeeld in die lewe van Maria wat Jesus gesalf het. (Johannes 12:1-8) Kom ons gebruik die volgende vyf dae om ook soos Maria te maak, wat die albaste fles gebreek het, sodat o...

More

Baie dankie aan "Tearfund" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.tearfund.org/yv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid