Leesplan inligting

Die Albaste Fles Voorbeeld

The Alabaster Jar

DAG 4 VAN 5

Om Alles Te Gee

Ses dae voor die Pasga en vyf dae voor Jesus se kruisiging, het Jesus na Betanië toe gegaan. Lasarus, wat Hy uit die dood opgewek het, het daar gewoon. Hulle het vir Hom 'n maaltyd voorberei. Lasarus was daar en Marta het die kos bedien. Daardie aand het Maria 'n fles met kosbare parfuum gebring wat van nardusolie gemaak was — dalk was dit dieselfde olie waarmee sy Lasarus gesalf het toe hy in die graf gelê is. Sy het die nek van die albaste fles gebreek. Sy het geen bedoeling gehad om enigiets daarvan te spaar nie.

Die sterk, eksotiese geur is onmiddellik vrygestel. Sy het gekniel, net soos sy gemaak het toe sy voor Jesus gehuil het by Lasarus se graf. Sy het by die voete van haar meester — haar onderwyser — gesit. Dit was die man wat haar gekies en liefgehad het, wie haar broer uit die dood opgewek het. Maria het 'n profetiese aksie uitgevoer en Jesus gesalf ter voorbereiding van sy begrafnis, wat ses dae later sou plaasvind.

Sy het haar hare baie stadig losgemaak.

Joodse vroue het hul hare vasgemaak en verberg — net haar man kon haar hare sien. Die feit dat Maria Jesus se voete met haar hare afgedroog het, sê eintlik aan almal dat Jesus soos haar man is.

Sy het Sy voete versigtig met haar hare afgedroog. Die hele huis was gevul met die geur van die parfuum. Maria het alles vir Jesus gegee. Sy het nie net die duur parfuum gegee nie, maar ook haarself.

Sy was ten volle blootgestel.

'n Lewe wat uitgegiet was; wat alles gegee het.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Alabaster Jar

'n Lewe wat uitgegiet is. Ons sien hierdie voorbeeld in die lewe van Maria wat Jesus gesalf het. (Johannes 12:1-8) Kom ons gebruik die volgende vyf dae om ook soos Maria te maak, wat die albaste fles gebreek het, sodat o...

More

Baie dankie aan "Tearfund" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.tearfund.org/yv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid