Leesplan inligting

Die Albaste Fles Voorbeeld

The Alabaster Jar

DAG 3 VAN 5

Hy Stink

Ons hoor weer van Maria, want sy en Marta het vir Jesus laat weet dat hulle broer, Lasarus, siek was. Die verhaal is in Johannes 11: 

"Toe Jesus daar kom, het Hy gevind dat Lasarus al vier dae in die graf was … Toe Marta hoor dat Jesus kom, het sy Hom tegemoet gegaan; maar Maria het in die huis bly sit … Marta en Jesus het gesels. Sy het haar suster Maria gaan roep en saggies vir haar gesê: “Ons Leermeester is hier, en Hy roep jou." Toe sy dit hoor, het sy gou opgestaan en na Hom toe gegaan … Toe Maria daar aankom waar Jesus was en Hom sien, het sy by sy voete gekniel en vir Hom gesê: “Here, as U hier was, sou my broer nie gesterwe het nie.” Toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan. Hy vra toe: “Waar het julle hom begrawe?” Hulle het vir Hom gesê: “Here, kom kyk.” … Jesus het gehuil." 

Jesus was lief vir Maria. 

Ons kan maar net raai hoe intens hierdie ontmoeting was; Maria, gebroke in haar lyding; Jesus, gebroke omdat hy sien hoe Maria treur. Dit gee vir ons 'n kykie na die gebroke hart van God as gevolg van die lyding in die wêreld en sy bereidwilligheid om in ons plek te ly. In ons grootste tyd van nood is Hy, en sal Hy altyd, God met ons wees. Bid vandag vir die lyding in die wêreld en dank God dat Hy by ons is.  

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Alabaster Jar

'n Lewe wat uitgegiet is. Ons sien hierdie voorbeeld in die lewe van Maria wat Jesus gesalf het. (Johannes 12:1-8) Kom ons gebruik die volgende vyf dae om ook soos Maria te maak, wat die albaste fles gebreek het, sodat o...

More

Baie dankie aan "Tearfund" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.tearfund.org/yv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid