21-Dae VasVoorbeeld

21 Day Fast

DAG 17 VAN 21

Dit is een van die wonderlikste stories in die Bybel. Jy kan jouself dalk vereenselwig met die situasie waarin hierdie drie jong manne hulle bevind het — waar feite by die deur uitvlieg en die werklikheid seëvier. Die feite was dat hulle die wet oortree het, die straf was die dood, Nebukadnesar was die magtigste man in die wêreld, die vuur was warm genoeg om 'n wag dood te brand, daar was egter nog baie wagte om hulle in te gooi en hulle sou buig of brand. Dit is wat dit is. Maar die waarheid het die feite oorheers, die drie manne het op die waarheid staatgemaak. Die waarheid is dat hulle God hulle sou verlos of hulle sou gewilliglik in sy diens sterf. Die waarheid is ook dat die Seun van God saam met hulle in die vlamme geloop het. Teen watter feite kom jy te staan wat God se waarheid uitdaag? Neem die feite vandag in gebed na God toe en glo met vrymoedigheid dat God saam met jou in die vuur sal wees.
Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

21 Day Fast

Begin jou nuwe jaar deur te fokus op die geestelike dissipline van vas. Hierdie leesplan sluit 'n verskeidenheid Skrifgedeeltes oor vas in en ander wat jou aanmoedig tot nadenke, en om nader aan God te kom. Jy sal oor die verloop van 21 dae 'n Bybelgedeelte kry om te lees, met 'n kort oordenking en vrae vir nadenke. Vir meer inhoud, gaan na www.finds.life.church.

More

We'd like to thank Life.Church for their generosity in providing the structure for the 21 Day Fast reading plan.