Kom Sit By MyVoorbeeld
Miskien was ons nog altyd so verdeeld en het ons dit net nie besef nie. Nou, met tegnologie voortdurend aan ons vingerpunte, staan die verdeeldheid skerp uit. Ek mis dit om nie te weet hoeveel ons verdeeld is nie. Ek mis dit om nie angstig te wees oor verhoudingsspanning terwyl ons nog 'n verkiesingsjaar nader nie, nog 'n wêreldwye gesondheidskrisis, nog hier of daar moet kant kies. Voor ek nog woorde kan formuleer om hierdie angs te beskryf, reageer my liggaam: ek trek my skouers in om nie te hoor nie. My asem jaag. Ek deins terug. My wenkbroue trek op 'n plooi, bloed jaag na my wange, my maag begin pyn. As jy na die nuus of sosiale media kyk of met jou bure praat, weet jy waarskynlik wat ek bedoel.
Daar is al die agterbakse opmerkings en die vinnige maak van verkeerde aannames. Dit is die afbreek en skep van ons-teen-hulle kategorieë vir elke moontlike kwessie. Dit is om ons woorde as wapens te gebruik en dit normaal te noem. Dit is al hierdie dinge. Ek kan nie help om te dink, ek wens hy het dit nie so gesê nie. Hulle maak my so kwaad. Hoekom kan ons nie net ophou om mekaar so te behandel nie?
Maar hoe meer ek daaroor dink, hoe meer dink ek aan die menslike toestand waarvan ons gered moet word: ons eie ek. Voordat jy my met tamaties gooi, moet jy weet ek het nie met hierdie idee vorendag gekom nie. In die Nuwe Testament skryf Jakobus: "Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie? Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op 'n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie" (Jakobus 4:1-2).
Eina. Daardie een het my so erg skuldig bevind dat ek onlangs besluit het om dit te memoriseer om myself elke dag voor te berei voor ek by my rekenaar gaan sit. Wanneer ek op die punt staan om aktief in 'n argument betrokke te raak nadat ek neef Fred se volledige kommentaar-afdeling in sy jongste vuurspuwende plasing gelees het, haal ek eerder diep asem en neem die waarheid in wat van 'n lewende en aktiewe God kom. 'n God wat my liefhet, maar nie bang is om my te vra om my perspektief te ondersoek nie.
Dus bid ek. Ek is die probleem. Vergewe my, Here, dat ek hierdie persoon met my woorde wil vermoor, omdat ek glo dat ek u genadegawe meer werd is as hy. Gee my die bonatuurlike krag om my vyand lief te hê. Ek kan dit nie op my eie doen nie.
As gelowiges moet ons mense wees wat nie deur vrees, haat of woedende woorde gekenmerk word nie, maar deur vrede. Ons moet eensgesindheid begeer in plaas daarvan om aktief verdeeldheid met ons woorde aan te blaas. Ons moet aan selfbeheersing en liefde geken word, nie onbeteuelde tonge wat die krag het om die wêreld aan die brand te steek nie (sien Jakobus 3:5-6). Ek weet nie of ek dit regtig geglo het — tot die laaste paar jaar nie, maar het ons nie almal die vernietiging gesien wat deur ons tonge veroorsaak word en hoe hulle die mag van lewe en dood besit nie?
Ons het elkeen persoonlike verhale van ons eie gebroke verhoudings en verwoestende verliese. Al kan dit ons 'n bietjie depressief maak, het ons eintlik baie hoop, want Jesus sê vir ons: “Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin” (Johannes 16:33).
Lees daardie vers weer. Hoor hoe Jesus dit vir jou sê: “Julle kan vrede in My vind. Hou moed." Let op hoe jou liggaam op die waarheid reageer. Dit is heeltemal anders as om deur 'n sosiale media-stroom te blaai. Miskien, as jy soos ek is, ontspan jou skouers en jou asem raak rustig. Soos die woorde van die Skrif in my hart wortelskiet, kan ek dinge duideliker sien: Ons is te vinnig om gesprekke te lees en deur kommentare te blaai en dan te aanvaar dis net ons wat die regte pad ken. God is ons goeie herder. Hy soek aktief om ons na Hom terug te bring, ons harte na Hom te heroriënteer en ons die vrede van sy leiding, sorg en beskerming te gee — selfs beskerming teen onsself.
Ons is nie op ons eie wanneer ons moeilike omstandighede en interaksies in die gesig staar of wanneer ons ingewikkelde verhoudings en gevoelens moet hanteer nie. Wanneer ons, onsself en ander met die regte perspektief sien, onthou ons dat ons woorde, of dit in 'n opmerking geskryf of hardop uitgespreek word, die krag het om te getuig van 'n beter woord: God is ons enigste hoop in hierdie wêreld.
— deur Jami Nato
Ons hoop hierdie leesplan het jou bemoedig! Kry verdere hulpbronne by incourage.me/comesitwithme.
Aangaande hierdie leesplan
Menswees is moeilik. Om met ander mense in verhoudings te wees is selfs nóg moeiliker. Of jy jou weg deur politieke of godsdienstige verskille voel, met giftige mense te doen het of met jou eie onvergewensgesindheid, is die vraag hoe ons hierdie stryde moet hanteer waaroor niemand wil praat nie? Hierdie leesplan sal jou wys hoe jy nader aan God en ander kan groei deur die omstandighede waarvan jy liewer wil weghardloop. Ontdek die hoop en vryheid wat na vore kom wanneer jy leer om jou te verlustig in jou verskille, liefde te midde van onenigheid en om selfs met ongemak te kan leef.
More