Kom Sit By MyVoorbeeld
Terwyl ek hier skryf, verslap die beperkings en ons kan weer betrokke raak en ek voel die invloed van dit wat oral tussen ons verlore gegaan het. Dit sluit in soos om in 'n paadjie af te stap en die teikeneffek te ervaar (waar alles ingeneem word, byvoorbeeld die uitleg van 'n kruidenierswinkel, beligting, tot hoe items op rakke uitgestal is) tot by die veranderde kleingroep om daar aan te sluit. Dalk is dit vir jou nog nog nuut om weer betrokke te raak, of dalk voel jy daardie ou-bekende angs waaroor 'n rofie gevorm het. Nietemin, daar is geen kans vir omdraai nie. Jy moet net reg wees vir wat kom — wat verander het, wat gebreek is en wat nog aan die genees is.
Daar is nog verdriet waarvan ek nie juis seker is hoe om in die nasleep van 2020 te benader nie. Sinisme klop aan my deur en lyk soos die sterker en veiliger gids om mee verder te gaan.
Ek lees deur die evangelies in 'n desperate soeke na Jesus se deernis, want my eie het 'n vreemdeling geword. Keer op keer is dit Jesus se deernis wat die leiding neem. Dit beweeg my om Johannes 4 herhaaldelik te lees en te onthou toe Hy na Sigar in Samaria gegaan het. Hy daag doelbewus daar op, dors en moeg. Jesus, die Lewende Water, vra nederig vir 'n Samaritaanse vrou om vir hom water te gee. Hy plaas Homself ondergeskik aan haar omdat Hy dors is. Dan praat Hy met haar oor die spanning en skeidsmure tussen die Jode en die Samaritane, voordat Hy sy identiteit aan haar bekend maak.
Jesus se geduldige deernis teenoor die Samaritaanse vrou, heroriënteer my. Ek lees die gedeelte herhaaldelik. Het jy geweet dat die Jode en Samaritane vir eeue geweldadige vyande was? Hulle kon nie hul verskille aanvaar en aan beweeg nie. Hul geskiedenis was vol geweld, haat, diepe wantroue en vernietiging. Dan daag die dissipels op, stomgeslaan dat Hy met hierdie persoon gesels. Daarmee brei Hy nie net hul begrip van wat moontlik is uit nie, maar Hy brei ook hul deernis uit soos sy eie — sodat hulle vir nog twee dae in Sigar oorbly. Hulle slaap by die Samaritane, eet saam met hulle en gesels om mekaar wedersyds beter te leer ken — mense wat hulle geleer het om as hul vyande te beskou.
Jesus vra nooit vir enige van ons om ons eie deernis op te diep nie; Hy weet ons sal nooit genoeg hê nie. Hy sê net om Hom te volg en in die oorvloed van sy deernis te bly.
Ek en Sandy moet uitpluis hoe om bymekaar te bly, ter wille van ons vriendskap en vir ons families, ondanks so baie moeilike besluite vir haar familie en myne — besluite wat nie altyd in ons vriendskap aanpasbaar voorgekom het nie. By tye sou dit waarskynlik makliker gewees het om 'n skoon breek te maak, afstand van mekaar te kry en die pynlike gevoelens te onderdruk wat na verlies en verandering ontstaan. In plaas daarvan het ons volgehou om mekaar se wonde te versorg en die moeilikhede waarvoor ons albei te staan gekom het saam aan te pak. Op hierdie manier was dit of ons deernis teenoor mekaar minder soos oppervlakkige woorde van positiwiteit was en meer soos om dinge te laat vaar, eerlik en geduldig met mekaar te wees. Dit kom voor om God vir sy deernis te vra wanneer die pyn in jou hart steek en die versoeking daar is om styf teenoor mekaar te word, die keuse om eerder na mekaar te draai, ongeag die rou kante van ons verskillende keuses en behoeftes.
Ek skat dat jy ook verhoudings met rou kante het. Dis moeilik om deernis te bewys wanneer daardie kante teen mekaar skuur. Dalk is dit egter die gawe van hierdie lang en ongewenste tydperk — waar jy geforseer word om nuwe maniere aan te leer hoe om met ou vriende om te gaan.
— deur Tasha Jun
Aangaande hierdie leesplan
Menswees is moeilik. Om met ander mense in verhoudings te wees is selfs nóg moeiliker. Of jy jou weg deur politieke of godsdienstige verskille voel, met giftige mense te doen het of met jou eie onvergewensgesindheid, is die vraag hoe ons hierdie stryde moet hanteer waaroor niemand wil praat nie? Hierdie leesplan sal jou wys hoe jy nader aan God en ander kan groei deur die omstandighede waarvan jy liewer wil weghardloop. Ontdek die hoop en vryheid wat na vore kom wanneer jy leer om jou te verlustig in jou verskille, liefde te midde van onenigheid en om selfs met ongemak te kan leef.
More