Leesplan inligting

Die God Wat HerstelVoorbeeld

Die God Wat Herstel

DAG 12 VAN 29




God Beskerm Sy Volk

Lees: Psalm 94

SOAP: Psalm 94:14–15

"Die Here verstoot nie sy volk nie, die volk wat aan Hom behoort, laat Hy nie in die steek nie. Die regspraak sal weer regverdig wees, alle opregtes sal hulle daaraan kan hou."

Oordenking

Psalm 94 stel God voor as die regter en wreker van die aarde. Hy word voorgestel as die een wat die goddelose vernietig vir al die verwoesting wat hulle veroorsaak het en die een wat die regverdiges red van dié wat teen hulle is. In die eerste eeu v.C. het God se volk gewag dat die Messias as regter sou kom. Hulle het verwag dat hulle verlosser aarde toe sou kom en as koning sou regeer, die goddeloses sou vernietig en Jerusalem sou herstel. Maar Jesus het as 'n dienskneg gekom. Hy het gekom om die goeie nuus te verkondig en baie na Hom toe te bring, om 'n offerdood te sterf sodat sy mense vry van sonde en dood kan wees. Hy het nog nie gekom om te oordeel nie.

Wanneer Christus terugkom, sal Hy kom as die regter van die wêreld. Ons sien met verwagting uit na ons regter, ons wreker, om te kom. Advent herinner ons om vir Hom te wag. Die Jode het in die eerste eeu op hulle Messias, hulle koning, gewag. Hy het eerstens gekom om die wêreld van sonde te red. Hy het ons sy geregtigheid gegee deur in ons plek te sterf. Hy het wraak geneem op die mag van die dood en dit eens en vir altyd uitgewis. Hy het meer gedoen as wat die Jode verwag het, maar nie presies waarvoor hulle gehoop het of volgens hulle tydsberekening nie.

Wat ons begeer, kan goed wees, of dit nou die ondergang van die bose, vrede vir ons nasies, herstel van ons verhoudinge of genesing vir ons liggame is, maar dalk is dit nog nie sy perfekte tydsberekening nie. Ons voel dalk asof God nie die boosheid of pyn om ons sien nie; tog sien Hy dit wel. Hy sien ons vandag net soos Hy die onderdrukking gesien het wat die Jode in die eerste eeu in die gesig gestaar het. Hy is aan die werk.

Die psalmdigter herinner ons daaraan dat God die een is wat ons die kennis gee van wat regverdig is. Ons sou nie onreg herken as dit nie vir die wysheid was wat Hy ons gee nie. As God aan ons openbaar wat onreg is, kan ons dan nie seker wees dat Hy, wat volkome regverdig is, dit ook reg sal hanteer nie? God laat nie sy volk in die steek of verstoot hulle nie – Hy gryp in. Hy help. Hy stil ons bekommernis. Hy beskerm en beskut ons. Hy vernietig die goddelose. Kom ons vertrou die tydsberekening, die geregtigheid en die krag van ons God en sien met verwagting na Hom uit.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Die God Wat Herstel

Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugd...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid