Hoop vir elke dagVoorbeeld
U is naby in die donker
Dawid sê ’n mens kan nie vir God wegkruip nie. Ons kan ook nie in die donker vir God wegkruip nie, want die donker is vir Hom soos lig. Onthou, donker en lig is menslike persepsies, nie goddelike realiteite nie. Dis byvoorbeeld ons persepsie dat God in ons donker ver is, of ontoeganklik, maar dis nie waar nie. Omdat dit donker is, kan ons Hom nie sien nie, maar eintlik is God baie naby in ons donkerte.
In ons tydperk van wanhoop en vrae, in ons trane en vrese kom staan Hy langs ons en hou ons hand. Dis hoe sy liefde werk. Ons moet net in die donker meer van Hom bewus word. Steek uit jou hand … Hy’s langs jou.
Here, dankie dat U altyd dáár is. Amen.
Hierdie oordenkings is geneem uit HOOP VIR ELKE DAG deur Jimi le Roux © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Soos Dawid in die Psalms, voel ons maar soms so bietjie wanhopig, afgemat en moedeloos. Dan is dit tyd dat ons die Here vra om weer die hoop in ons hart aan te vuur en vir ons nuwe krag te gee! Hierdie sewe kort en inspirerende dagstukke deur Jimi le Roux, sal elke dag vir jou hoop en vernuwing bring.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/