Hoop vir elke dagVoorbeeld

Hoop vir elke dag

DAG 4 VAN 7

Verloor beheer

Dawid roep na God. Dit voel vir hom of ’n sterk stroom hom meesleur. Dis sleg as jy voel jy verloor beheer oor jou omstandighede. Dinge gebeur soms net en jy word eenvoudig meegevoer. As daar iets is wat jy in sulke omstandighede kan doen, moet jy dit doen. Moenie weifel nie en moenie uitstel nie. In baie situasies kan jy nog beheer neem en dinge omkeer. Tree reg op en behou jou getuienis as ’n kind van God.

Dan is daar egter omstandighede waaraan jy niks kan doen nie – waar jy geen beheer het nie. Moet dan nie wanhoop nie. Gee jou dan eerder bewustelik en gelowig aan God oor. Hy het immers steeds beheer! Jy sal nie sink nie – God sal jou dra.

Almagtige God, die stroom is sterk teen my. Ek gee my nou oor aan u beheer. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Hoop vir elke dag

Soos Dawid in die Psalms, voel ons maar soms so bietjie wanhopig, afgemat en moedeloos. Dan is dit tyd dat ons die Here vra om weer die hoop in ons hart aan te vuur en vir ons nuwe krag te gee! Hierdie sewe kort en inspirerende dagstukke deur Jimi le Roux, sal elke dag vir jou hoop en vernuwing bring.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/