Hoop vir elke dagVoorbeeld

Hoop vir elke dag

DAG 3 VAN 7

Wag op die Here

Om op God te “wag” is ’n bekende konsep in die Skrif, maar een wat ons dalk ’n bietjie minder gebruik. Dis moontlik omdat ons nie daarvan hou om te wag nie. Om op God te wag is net ’n ander manier om geloof te beskryf. Dit beskryf ons “verwagting”, ons “afwagting” van God se ingrype. Dit sê dat ons op ’n manier in sy teenwoordigheid bly, dat ons oë op Hom gerig bly totdat Hy ingryp.

In die Skrif is hierdie wag op God ’n baie seker saak – dit is egte Bybelse hoop – en dit kom daarop neer dat iets sál gebeur, maar ons moet noodwendig die tyd daarvoor afwag. Om te wag is nie altyd lekker nie – maar wag geduldig, gelowig – en produktief!

Heilige Gees, gee my die geduld en die geloof om te wag. Leer my om produktief te wag. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Hoop vir elke dag

Soos Dawid in die Psalms, voel ons maar soms so bietjie wanhopig, afgemat en moedeloos. Dan is dit tyd dat ons die Here vra om weer die hoop in ons hart aan te vuur en vir ons nuwe krag te gee! Hierdie sewe kort en inspirerende dagstukke deur Jimi le Roux, sal elke dag vir jou hoop en vernuwing bring.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/