Hoop vir elke dagVoorbeeld
Van waardeloos tot waardig
In Psalm 113:7-8 sien ons hoe God die armes en behoeftiges ophelp. Dié wat eens in die stof of op die ashoop gesit het, sluit nou aan by die vernames, die edeles van die volk. “Stof” en “as” het vir hulle ook gestaan vir verlies en rou, en dit verwys dalk ook na dié wat hulself hartseer uit die samelewing verwyder het, om eenkant “op ’n hopie” te gaan sit.
God gaan haal hulle daar en herstel hulle waardigheid, sê die psalmis. Dalk sit jy ook iewers sonder hoop. Dalk het jy alles verloor en bevind jy jou buite die hoofstroom van die samelewing, uitgerangeer en nutteloos. Jesus sit daar op die ashoop by jou! Dinge sal verander.
Dankie, Jesus, dat U hier by my is – en dat U by my bly totdat ek hierdie saak deursien. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Soos Dawid in die Psalms, voel ons maar soms so bietjie wanhopig, afgemat en moedeloos. Dan is dit tyd dat ons die Here vra om weer die hoop in ons hart aan te vuur en vir ons nuwe krag te gee! Hierdie sewe kort en inspirerende dagstukke deur Jimi le Roux, sal elke dag vir jou hoop en vernuwing bring.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/