Vreugde vir vandag: 14 vreugdevolle dae met GodVoorbeeld
“Die resep vir geluk”
Alhoewel Israel keer op keer van die Here wegdwaal, is Hy elke keer maar weer bereid om hulle as sy kinders terug te ontvang. In Hosea 12:7 vra die profeet dat die volk hulle sal bekeer; dat hulle sal terugkeer na God. Maar hy spel dit ook duidelik uit dat indien hulle dit doen, hulle lewe radikaal sal moet verander.
Bekering alleen is nie genoeg nie. Mense wat tot bekering kom, het volgens Hosea drie dinge nodig om gelukkig te wees: Eerstens moet hulle bereid wees om na God terug te keer, tweedens moet hulle Hom liefhê en sy bevele gehoorsaam, en derdens moet hulle hulle hoop altyd op Hom vestig.
As jy na die Here gedraai het, sal jy ook gewillig moet wees om Hom toe te laat om jou lewe te verander. Jy moet onderneem om Hom lief te hê en die dinge doen wat Hy in sy Woord van jou vra. Jy moet ook jou hoop aan Hom vasknoop: Dit beteken dat jy positiewe vooruitsigte vir môre en oormôre sal hê omdat jy aan God behoort.
Wil jy nie vandag besluit om Hosea se resep vir geluk te volg nie? Soek weer na die Here, besef hoe groot sy liefde vir jou is, gaan kyk presies wat die Here van jou in sy gebooie vra en hoop op Hom.
GEBED: Here, ek wil graag ’n U-draai terug na U maak. Help my om U lief te hê, om aan U gehoorsaam te wees en my hoop op U te vestig sodat ek geluk in my lewe kan ervaar. Amen.
Hierdie oordenking is geneem uit BLOEISELS VAN HOOP deur Nina Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Om werklik gelukkig te wees en met blydskap te leef, is waarna elkeen van ons streef. Wanneer ons God se leiding vir ons lewe aanvaar, sy gebooie gehoorsaam en die regte keuses binne sy plan vir ons maak, kan ons geluk en geloof groei. Hierdie 14-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Nina Smit. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor geluk en ’n slotgebed. Hierdie oordenkings is geneem uit Nina se dagboek BLOEISELS VAN HOOP.
More
Ons wil graag Nina Smit / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/