Vreugde vir vandag: 14 vreugdevolle dae met GodVoorbeeld

Vreugde vir vandag: 14 vreugdevolle dae met God

DAG 6 VAN 14

“Lag meer!”

“Happiness is a laughing matter,” skryf David Niven in THE 100 SIMPLE SECRETS OF HAPPY PEOPLE. Die Bybel ken hierdie geheim al jare lank – dit gaan altyd sleg met iemand wat bedruk is, terwyl ’n vrolike mens se hele lewe nie net ’n fees is nie, maar boonop die voordeel inhou dat hy ’n gesonde mens sal wees.

Daar is wetenskaplik bewys dat lag goed is vir jou gesondheid. Hoe meer jy lag, hoe minder gaan jy ’n dokter nodig kry, want wanneer jy lag, word dieselfde hormone deur jou liggaam vrygestel wat deur dokters vir stres en depressie voorgeskryf word. “The ability to laugh, whether at life itself or at a good joke, is a source of life satisfaction. Indeed, those who enjoy silly humour are one-third more likely to feel happy,” sê Niven.

Maak dus ’n punt daarvan om meer te lag; om die komieklike dinge in die lewe raak te sien en hulle oor te vertel. Versamel vir jou ’n arsenaal grappe; knip die snaaksste strokiesprente uit die koerant; onthou die snaakse sêgoed van jou ander mense en vertel hulle met smaak oor. Sodoende sal jy nie net self meer lag en dus gesonder wees nie, maar sal ánder mense saam met jou lag sodat hulle gesondheid óók sal verbeter.

GEBED: Hemelse Vader, dankie dat U die mens só gemaak het dat hy die snaakse dinge in die lewe kan raaksien en daaroor kan lag. Help my om die humor in elke situasie te ontdek sodat ek vrolik sal wees en baie sal lag. Amen.

Hierdie oordenking is geneem uit BLOEISELS VAN HOOP deur Nina Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Vreugde vir vandag: 14 vreugdevolle dae met God

Om werklik gelukkig te wees en met blydskap te leef, is waarna elkeen van ons streef. Wanneer ons God se leiding vir ons lewe aanvaar, sy gebooie gehoorsaam en die regte keuses binne sy plan vir ons maak, kan ons geluk en geloof groei. Hierdie 14-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Nina Smit. Elke dag bevat ’n Skrifverwysing, ’n oordenking oor geluk en ’n slotgebed. Hierdie oordenkings is geneem uit Nina se dagboek BLOEISELS VAN HOOP.

More

Ons wil graag Nina Smit / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/