Hoop wat kaalvoet loop

14 Dae
Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom … Want dan gló ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom … dat ons seën sal beleef. Sonder hoop verloor ons ons vreugde. Mét hoop leef ons ons droom met passie. Dit is Milanie Vosloo se boodskap aan jou in hierdie 14-dag-plan oor hoop. Die oordenkings is geneem uit Milanie se dagboek HOOP WAT KAALVOET LOOP.
Ons wil graag Milanie Vosloo / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/