Om Wat Verborge is te GeneesVoorbeeld

Healing What's Hidden

DAG 5 VAN 5

Om aan Hoop Vas te Hou

God se werkswyse is nie soos mense s'n nie. Hy gebruik die dwaas om die wyse skaam te maak. Hy maak 'n onbekende herder 'n koning. Hy laat die laastes eerste wees. Hy bid vir sy vyande. Hy draai die ander wang. Hy oorwin die kwaad deur die goeie. Hy triomfeer oor die dood deur Homself aan die dood te onderwerp. Daarby laat Hy hoop voortkom uit beproewing.

Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het
(Romeine 5:3-5).

Kyk 'n bietjie watter formule hierdie Skrifgedeelte aan ons gee: swaarkry kweek volharding, volharding kweek egtheid van geloof en geloof kweek hoop. Van al die maniere waarop ons sou verwag dat hoop gekweek word, sou ek dink dat swaarkry nie juis bo-aan die lys sou wees nie. Tog sien ons hier dat dit juis dié onwaarskynlike plek is waar hoop, die skaars en kosbare gawe, te vinde is.

Ons weet almal dat daar geen kitsoplossings vir trauma bestaan nie. Dit gaan geduld en 'n gekners van tande vra, maar moenie. tou. opgooi. nie. Jakobus, Jesus se broer, skryf:

My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming
(Jakobus 1:2-4).

Wat bedoel hy met "die volharding moet end-uit volgehou word"? Ek vermoed dat hy waarskynlik die volgende bedoel het: moenie opgee wanneer jy al goed op pad is nie; moenie toelaat dat al jou inspanning tevergeefs wees nie.

Ja, die pyn is aaklig, maar as jy deurdruk, sal dit eendag iets beteken. Hierdie vreeslike ondervinding sal op 'n manier eendag herwin word in iets goeds, al maak dit nie nou sin nie.

Moenie moed opgee nie. Hou vas aan die hoop, want God is getrou om dit altyd te voorsien en jy is nie alleen in hierdie stryd nie. Trauma mag jou dalk tot op hierdie punt gebring het, maar God se verlossende liefde sal jou binnekort na plekke neem só ryk aan geluk en doelgerigtheid dat dit nou vir jou totaal ondenkbaar is!

Waarvoor hoop jy? Wat sal hierdie pynlike reis die moeite werd maak? As jy vorentoe kyk, wat in jou lewe sal jou help om vas te hou aan hoop?

Kom meer te wete oor Evan and Jenny Owens en hul nuwe boek, Healing What's Hidden, by https://rebootrecovery.com/healing-whats-hidden/

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Healing What's Hidden

Ons veroordeel onsself dikwels vir pyn, hetsy uit die verlede of in die hede. Ons voel skuldig omdat ons dit nie vinniger oorkom het nie. Ons neem aan dat iemand anders dit beter sou hanteer. Solank as wat ons egter trauma ontken, sal dit die mag behou om ons seer te maak. Die waarheid is dat jy glad nie besig is om te misluk wat genesing aanbetref nie. Jy is reeds besig om genesing te vind. God is 'n God van herstel. Hierdie is maar net die begin.

More

Ons wil graag Baker Publishing vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bakerbookhouse.com/products/435961