Om Wat Verborge is te GeneesVoorbeeld
![Healing What's Hidden](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F33033%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Ingestel Op 'n Oorvloedige Lewe
Verligting van trauma word nie verkry deur verligting na te jaag nie. Dit kom deur 'n oorvloedige lewe na te jaag. Om oorvloedig te lewe, fokus op die ongekunstelde, onverderflike, onvernietigbare, ewige lewe wat net in God gevind kan word.
Om 'n oorvloedige lewe na te jaag, beteken nie dat jy 'n belofte van rykdom of gesondheid opeis nie. Dit beteken dat jy doel en betekenis vind in die lewe wat God aan jou gegee het. Dit gaan daaroor dat jy 'n lewe ontdek wat die moeite werd is om te leef in die een wat jy reeds het — al kom dit vir jou redelik vuisvoos en beskadig voor.
'n Ingesteldheid op 'n oorvloedige lewe gee erkenning daaraan dat geen verhouding, stokperdjie, verdowingsmiddel of drankie ooit ten volle sal bevredig nie. Dit besef dat, soos Jesus in Johannes 10:10 sê: "'n Dief kom net steel en slag en uitroei; [Hy] het gekom sodat [ons] die lewe kan hê, en dit in oorvloed." Later in Johannes vertel Jesus ook vir sy dissipels dat hul geluk net in Hom volkome sal wees (vgl. Johannes 16:22-24).
'n Ingesteldheid om oorvloedig te lewe ontbloot die diewe wat jou geluk wil steel en jou jou doel wil laat mis. In die figuurlike sin is diewe pynverligters wat daarop aanspraak maak dat hulle verligting bring, maar wat dit uiteindelik nie doen nie. Hulle is soos vals profete en bedrieërs. In plaas daarvan om te gee, manipuleer en steel hulle eerder. In plaas van opbou, vernietig hulle. Hulle sal jou geld, tyd, vryheid, liefde en energie dreineer en dan in die middel van die nag by die agterdeur uitsluip. Hulle bied jou 'n aambeeld aan wanneer jy eintlik desperaat op soek is na 'n valskerm.
Jesus sê dat hierdie bedrieërs uiteindelik dood en nie lewe bring nie.
Mense wat ingestel is om 'n oorvloedige lewe te leef, sal eerder fokus op die eindelose moontlikhede wat vir hulle in die vooruitsig is — ten spyte van hul vorige trauma — as om 'n gevoel van tydelike verligting na te jaag. Wanneer jy ophou om te hardloop, kan jy lank genoeg tot stilstand kom om van die vriesreaksie te ontdooi en 'n lewe te herontdek wat die moeite werd is om te leef. Laat ons jou vertel — die lewe is beslis nog die moeite werd na trauma.
Selfs nou, terwyl jy nog swaarkry, is daar verskeie moontlikhede tot jou beskikking. Selfs nou, terwyl jy nog sukkel om op die been te kom, is daar verligting beskikbaar. Jou toekoms is te kosbaar en te belangrik dat jy dit moet misloop omdat jy konstant aan die hardloop is of jouself afstomp. 'n Oorvloedige lewe wag op jou.
Hoe het jy probeer om vir die gevolge van trauma in jou lewe weg te hardloop? Wat was die uitkoms daarvan?
Aangaande hierdie leesplan
![Healing What's Hidden](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F33033%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Ons veroordeel onsself dikwels vir pyn, hetsy uit die verlede of in die hede. Ons voel skuldig omdat ons dit nie vinniger oorkom het nie. Ons neem aan dat iemand anders dit beter sou hanteer. Solank as wat ons egter trauma ontken, sal dit die mag behou om ons seer te maak. Die waarheid is dat jy glad nie besig is om te misluk wat genesing aanbetref nie. Jy is reeds besig om genesing te vind. God is 'n God van herstel. Hierdie is maar net die begin.
More