Om Wat Verborge is te GeneesVoorbeeld
![Healing What's Hidden](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F33033%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Krag in Swakheid
Afhangend van die konteks van jou pynlike ondervinding, mag jy dalk outomaties teen diegene wat hulp wil aanbied, weestand bied. Jy kan egter nie die oorlog teen trauma op jou eie wen nie. Die vyand is te sterk en te uitgeslape. Jou enigste hoop is om jou deur nederigheid na genesing te laat lei. Dalk klink dit teenstrydig, maar krag word daarin gevind om jou swakhede te erken.
Paulus, 'n vroeë Christenleier, het hierdie begrip goed verstaan. Hy het allerhande soorte swaarkry en trauma ervaar. Hy is geslaan, gestenig en het skipbreuk gely — dit alles terwyl hy tegelykertyd deur beide die heidene en die Jode vervolg is! Hy was 'n geharde man. Niemand sal daarmee kan stry nie. Hy het egter nie oor sy eie krag en manhaftigheid gespog nie, maar eerder oor sy swakheid.
In 2 Korintiërs 12:9–10 skryf Paulus:
[God se] antwoord was: 'My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.' Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.'
Ten spyte van alles wat hy deurgemaak het, het Paulus erken dat hy net 'n kans op oorwinning gehad het as hy sy eie kragte afgelê het.
Nederigheid nooi ander uit om ons te hulp te snel. Trots stoot hulle weg. Nederigheid laat God toe om tot ons pyn toe te tree. Trots sê: "Ek kan dit alleen doen." Nederigheid luister na die wyse raad van ander. Trots verwerp ander se raad. Nederigheid lei tot genesing. Trots lei na vernietiging (Spreuke 16:18).
Die nederigheid wat nodig is vir genesing van trauma, is 'n risiko/beloning-scenario. Jy moet bereid wees om jouself aan ander se genade oor te laat — om hulle met jou verhaal te vertrou — sodat jy die liefdevolle verhoudings en gemeenskap kan bou wat jy sal nodig hê om te genees. Dit is nie maklik nie en dit is presies die teenoorgestelde van wat jou brein van jou vra om te doen, maar jy kan hierdie stap nie oorslaan nie. Openheid en kwesbaarheid is wat nodig is vir jou hart om te genees.
Hoe, indien wel, sien jy trots as 'n hindernis tot jou heling? Noem een aksie wat jy hierdie week kan neem om nederigheid en kwesbaarheid aan te kweek.
Aangaande hierdie leesplan
![Healing What's Hidden](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F33033%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Ons veroordeel onsself dikwels vir pyn, hetsy uit die verlede of in die hede. Ons voel skuldig omdat ons dit nie vinniger oorkom het nie. Ons neem aan dat iemand anders dit beter sou hanteer. Solank as wat ons egter trauma ontken, sal dit die mag behou om ons seer te maak. Die waarheid is dat jy glad nie besig is om te misluk wat genesing aanbetref nie. Jy is reeds besig om genesing te vind. God is 'n God van herstel. Hierdie is maar net die begin.
More