Om Wat Verborge is te GeneesVoorbeeld
God Kan Ons Emosies Hanteer
Emosies is soos die liggie in 'n motor wat ons waarsku om die enjin na te gaan. Dit sê nie vir ons presies wat verkeerd is nie, maar dit waarsku ons dat daar iets onder die enjinkap is wat aandag vereis.
Terwyl ons besig is om van trauma te genees, is dit belangrik om ons gevoelens te erken, maar ons moet onthou dat emosies nie die volle verhaal vertel nie — en hulle vertel dikwels nie die waarheid nie. Byvoorbeeld:
- Jy voel dalk asof niemand vir jou omgee nie. Dit is 'n leuen.
- Jy voel dalk asof God jou verlaat het. Hy het nie.
- Jy mag dalk voel asof jy dit nooit deur hierdie beproewing gaan maak nie. Jy sal.
Die waarheid is dat emosies geen maatstaf van God se teenwoordigheid in jou situasie is nie. Soms, wanneer ons gelukkig is, sal ons sê dat ons van God se teenwoordigheid bewus is. Ander kere voel ons weer sy teenwoordigheid wanneer ons huil. Ons kan egter van God se teenwoordigheid verseker wees selfs wanneer ons dit nié aanvoel nie. Dit is omdat God se teenwoordigheid nie 'n gevoel is nie; dis 'n feit.
Ongeag of jy nou naby aan God voel of nie, Hy ís naby jou. Hy verlang daarna dat jy altyd sy blywende teenwoordigheid sal ervaar. Jesus het op die aand voor sy dood met sy volgelinge oor hierdie geskenk gepraat:
en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie(Johannes 14:26–27).
'n Berader, 'n onderwyser, een wat vrede bring — klink dit nie na iemand wat ons nodig het wanneer sterk emosies ons wil oorweldig nie?
Om sterk emosies te ervaar, dui nie op 'n gebrek aan geloof nie. Jesus het sterk emosies ervaar en niemand sou sy geloof in twyfel trek nie! God kan dit hanteer wanneer ons desperaat, woedend, vreesbevange of oorweldig voel. Hy wil hê dat ons hierdie emosies na Hom toe sal bring, sodat sy Heilige Gees ons kan lei na die oorsprong van hierdie emosies en hulle genees kan word (Filippense 4:6-7; 1 Petrus 5:6-7).
Die idee is nie om jou emosies te onderdruk nie, maar eerder om hulle te erken en om God toe te laat om daardeur vir jou iets te leer. Ons emosies mag dalk vir ons jok, maar God vertel altyd die waarheid.
Aan watter een feit kan jy vasklou wanneer jou emosies jou in hopeloosheid wil laat verval?
Aangaande hierdie leesplan
Ons veroordeel onsself dikwels vir pyn, hetsy uit die verlede of in die hede. Ons voel skuldig omdat ons dit nie vinniger oorkom het nie. Ons neem aan dat iemand anders dit beter sou hanteer. Solank as wat ons egter trauma ontken, sal dit die mag behou om ons seer te maak. Die waarheid is dat jy glad nie besig is om te misluk wat genesing aanbetref nie. Jy is reeds besig om genesing te vind. God is 'n God van herstel. Hierdie is maar net die begin.
More