Om Wat Verborge is te GeneesVoorbeeld

Healing What's Hidden

DAG 1 VAN 5

Gevangenes met Hoop

Trauma is subjektief. As jy voel dat dit traumaties was wat jy beleef het, dan wás dit waarskynlik. As jy egter voel dat jou ondervinding nie traumaties was nie, mag jy dalk verkeerd wees, want trauma is misleidend. Dit kruip in die donker weg en val ons aan wanneer ons dit die minste verwag. Dit probeer ons oortuig dat dit normaal was wat ons ervaar het, en dat dit niks was vergeleke met "wat sommige ander mense moes verduur nie".

Die eenvoudigste definisie van trauma sou behels dat dit 'n ondervinding of reeks ondervindings is wat diepe ontwrigting veroorsaak. As jy mishandel is (emosioneel, fisiek, geestelik of seksueel), verwaarloos is, 'n geliefde verloor het, 'n aanranding of natuurramp oorleef het, of selfs na aan iemand geleef het wat trauma ervaar het, dan het jy trauma beleef.

Die eerste stap in die genesing van trauma, is om te erken dat dit bestaan. Ons moet erken dat die ervaring wat ons gehad het, nie normaal was nie. Wanneer ons ons trauma afmaak as niks of sommer net deel van die gewone, alledaagse lewe, ontken ons die invloed wat dit op ons het. Dan begin ons soek na middels om die simptome te behandel, in plaas daarvan om die oorsake van die probleem aan te spreek.

God is wêreldwyd besig om dít te red wat skynbaar verlore is: "Toe sê Hy wat op die troon sit: 'Kyk, Ek maak alles nuut' ..." (Die Openbaring 21:5). Let daarop dat God sê Hy maak alles nuut — nie dat Hy alle nuwe dinge maak nie. God se inherente reaksie op gebrokenheid, is herstel.

Genesing van trauma sal jou heel waarskynlik nie herstel om te wees soos wat jy was voordat dit plaasgevind het nie, want daar sal altyd littekens oorbly. Die littekens sal jou egter herinner aan dít wat jy oorkom het. Eendag sal hulle ook vir ander dien as 'n kragtige getuienis van wat God in jou lewe gedoen het. Daar is skoonheid in hierdie soort hernuwing. Daar is rykdom in dinge wat waarlik herstel is, in plaas van om net 'n laag glansverf daaroor te smeer. In Sagaria 9:12 lees ons dat ons "... gevangenes [is] wat nou hoop het ...", want God beloof om dít te herstel wat ons verloor het.

God weet presies watter dele van jou gewond is en wat nodig is vir hulle om te herstel. Hy het al miljoene gewonde gedagtes, liggame en siele deur die loop van die geskiedenis herstel en Hy is tans besig om spesiale aandag aan jou wonde te gee. Hy is besig om hulle voor te berei vir genesing.

In watter opsig voel dit tans asof jou lewe gebroke is?

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Healing What's Hidden

Ons veroordeel onsself dikwels vir pyn, hetsy uit die verlede of in die hede. Ons voel skuldig omdat ons dit nie vinniger oorkom het nie. Ons neem aan dat iemand anders dit beter sou hanteer. Solank as wat ons egter trauma ontken, sal dit die mag behou om ons seer te maak. Die waarheid is dat jy glad nie besig is om te misluk wat genesing aanbetref nie. Jy is reeds besig om genesing te vind. God is 'n God van herstel. Hierdie is maar net die begin.

More

Ons wil graag Baker Publishing vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bakerbookhouse.com/products/435961