Sosiale gesonde verstand in 'n Insta-wêreldVoorbeeld

Alles het begin nadat ek my baba gehad het. 'n Nuwe ma en 'n kerkplanter se vrou, ek het ook 'n groot en skrikwekkende projek by die werk gelei. Ek moes iets laat gaan. Sosiale media was die voor die hand liggende keuse.
Ek het besluit om Instagram net op Dinsdae, Donderdae en Saterdae te gebruik. Ek gaan nie jok nie, dit was eers moeilik. Regtig moeilik. Elke uur was ek lus om te kyk wat op die internet gebeur. Ek was bang ek mis iets belangriks. Ek was bekommerd dat ek sou wegdryf van my uitgebreide familie wat ver woon, maar deur God se genade het ek deur die vrees gedruk. Ek is bly ek het dit reggekry.
Kom ons erken dit: sosiale media is wonderlik. Tog kan dit ook 'n swart gat wees wat ons weghou van die dinge wat ons met ons lewens moet doen. Die beste strategie wat ek gevind het, is om 'n minuut aan beplanning af te staan:
- Wanneer – Hoeveel tyd het ek hiervoor nodig? Watter dae/tye sal ek aanteken?
- Waar – moet ek my foon of my skootrekenaar gebruik? Tuis? In die saamryklub?
- Hoe – Hoe kan ek by my perke hou?
Ons fone is ontwerp om ons daar te hou, moet dus nie te hard op jouself wees as jy hierdie spiere van selfdissipline begin bou nie. Vra eerder die Here vir sy genade en krag. Onthou, om dit wat ons laat struikel, uit te skakel – alhoewel dit nodig is – is dit nie genoeg nie. Ons moet onsself vul met die dinge wat ons laat floreer – om die Woord van God te lees, in die skepping te stap, met vriende koffie te drink, koekies te bak of boeke te lees.
Ons dae, weke en jare bestaan uit ritmes van werk en rus. Ons roeping is om die meeste daarvan te maak, God te verheerlik en Hom vir ewig te geniet, elke tree van die pad.
Daar is baie dinge in ons lewens wat inmeng met hierdie heilige ritmes, en ons kan dit nie verander nie. Ons word siek. Ons verloor ons werk. Die kelder oorstroom. Skool is gekanselleer. Tog is daar ook baie dinge (klein dingetjies, alledaagse dingetjies, dinge wat so algemeen is dat ons in die versoeking kan kom om te ignoreer), wat inmeng met hierdie heilige ritmes en wat ons kan verander.
Jy het 'n keuse. Die keuse kan wees om nie 'n keuse te maak nie. Jy kan besluit om — ten minste die meeste van die tyd — die bladsye en platforms weg te bêre en eerder te gryp na alles wat waar, goed en mooi is, en dit te geniet.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Het jy al ooit met sosiale media geworstel? Ons sosiale media toeps verbind ons met verskillende mense, maar kan ons gefrustreerd en angstig laat voel, en ook asof ons ons tyd mors. Hierdie sewe-dag leesplan sal ons help om ons harte in die Woord van God te vestig, sodat ons kan aan- en afteken met insig, genade en vrede. Bydraes is deur Melissa Kruger, Jen Wilkin, Laura Wifler, en ander
More
Verwante Leesplanne

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Staan weer op

Voltydse Volharding

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Delf dieper deur Romeine

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed
