Sosiale gesonde verstand in 'n Insta-wêreldVoorbeeld
Om sosiale media goed te hanteer, kan 'n bietjie soos kosmaak wees. Alhoewel ons 'n presiese resep wil hê — vee hierdie rekening uit, volg hierdie rekening of persoon-van-invloed, of teken uit vir so lank — om sodoende die "regte resep" vir gesonde sosiale media-gebruik te skep, is dit egter meer soos om bestanddele na smaak by te voeg. Ons het wysheid nodig om goeie gewoontes te bou.
In Spreuke 9, lees ons dat Wysheid na ons uitroep om te luister. Sy is ook daar in die sosiale media omgewing. Soek vroue met wysheid wat Jesus liefhet en die waarheid uit sy Woord deel. Soek jou kerk se Facebook-blad, sodat jy daar kan inskakel vir raad en vriendskap. Soek plaaslike vriende, sodat jy tyd saam met hulle kan geniet of hulp kan bied wanneer jy hulle weer sien.
Ongelukkig, roep dwaasheid ook na ons. Ons kan haar dalk sien in die blote hoeveelheid tyd wat ons aanlyn deurbring, wanneer ons dalk eerder vir iemand kon bid, met ons gesin kon gesels of vrywillig by die kerk kon werk. Of ons herken dwaasheid dalk in die manier waarop sosiale media ons gedagtes beïnvloed. Ons kan angstig voel nadat ons oor wêreldgebeure gelees het, eensaam nadat ons foto's van ander sien wat bymekaarkom, of twyfel oor ons geloof wanneer ons sien hoe iemand anders God se goedheid verwerp. Dwaasheid kan ons ook lei tot ontevredenheid, onvriendelike oordele, bitterheid of afguns op iemand se besittings of prestasies.
Wysheid en dwaasheid roep albei na ons – gelukkig weet ons hoe om reg te kies: "Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig" (Spreuke 9:10).
Hoe doen ons dit? Op drie maniere:
- Die Woord van God: Lees die Bybel, bepeins die Bybel, luister na klankbybels, bestudeer die Bybel, memoriseer die Bybel. Ons grootste probleem is nie om te veel tyd op sosiale media deur te bring nie, maar om nie genóég tyd in ons Bybels deur te bring nie. Ons moet meer van wat goed is by ons roetines voeg in plaas daarvan om net weg te neem dit wat potensieel skadelik is.
- Hulp van God: God is die bron van alle wysheid; nie ons ervaring, ons ouderdom of ons begrip nie. Vra hom biddende om jou wysheid te gee in wie jy volg, wat jy plaas en hoeveel tyd jy op sosiale media deurbring. Hy gee mildelik aan almal wat vra (Jakobus 1:5).
- Volk van God: Ken jy 'n vrou wie se wandel met die Here jy respekteer? Volg sulke vroue en vra vir hulle leiding.
God wil hê dat jy op die lewenspad moet stap. Wat keuses op sosiale media betref, wil ek jou aanmoedig: bring ook tyd met die Here deur. Moenie met die krummels van sosiale media tevrede wees wanneer jy die opsie gebied word om saam met die Koning te smul nie. Kies wat die beste is. Kies tyd saam met Jesus.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jy al ooit met sosiale media geworstel? Ons sosiale media toeps verbind ons met verskillende mense, maar kan ons gefrustreerd en angstig laat voel, en ook asof ons ons tyd mors. Hierdie sewe-dag leesplan sal ons help om ons harte in die Woord van God te vestig, sodat ons kan aan- en afteken met insig, genade en vrede. Bydraes is deur Melissa Kruger, Jen Wilkin, Laura Wifler, en ander
More