Sosiale gesonde verstand in 'n Insta-wêreldVoorbeeld

Social Sanity in an Insta World

DAG 1 VAN 7

Ons besef nie altyd hoe uiters sosiaal God is nie. Sedert alle ewigheid was die Vader, Seun en Heilige Gees al in gemeenskap met mekaar, was hulle samehorig en kommunikeer hulle met mekaar.

Ons wat as sy beeld geskape is, is dus ook sosiaal. Sedert die slang by ons sosiale netwerk aangesluit het, is ons meer geneig om ons gemeenskap te benadeel as wat ons hulle help. Dit is hoekom dit so belangrik is om sosiale media met wysheid en insig te gebruik. Die Bybel herinner ons daaraan dat wysheid op 'n baie spesifieke plek begin: met die vrees vir die Here.

Dit was die vrees vir die Here wat Adam en Eva in die tuin van Eden uit die oog verloor het. Toe die slang aan Eva voorgestel het om die verbode vrugte te eet, het hy aan haar 'n baie vreemde voordeel belowe: jy sal soos God wees (Genesis 3.5).

Wat die slang aangebied het, was kennis wat veroorsaak het dat die mens nie meer vir God weerspieël het nie, maar om 'n mededinger van God te wees. Deur die geskiedenis heen het mense met hierdie erfsonde gesukkel. Ons is nie anders nie.

  • Sosiale media kan ons laat voel dat ons nie verander nie, maar in werklikheid word ons maklik beïnvloed. (Hoeveel van wat jy in jou spens of klerekas het, is deur iemand anders geïnspireer?) Aangesien dit waar is, hoe kan ons seker maak dat ons invloed goed en waar is?
  • Sosiale media kan ons tydloos laat voel, maar in werklikheid is ons hoeveelheid tyd maar beperk. Al die tyd wat ons op sosiale media deurbring, sal nie elders bestee word nie.
  • Sosiale media kan ons laat voel dat ons oral kan wees, alles kan weet, en met almal vriende kan wees. Tog is ons beperk tot een liggaam en een plek. Ons kan slegs 'n beperkte hoeveelheid verhoudings onderhou. As jy al ooit in 'n vertrek vol mense gesit het, wie se gesprekke opgedroog het — en hulle na hul selfone begin staar het — sal jy jou met die woorde van die profeet Jesaja kan vereenselwig: "Iemand wat hom met as besig hou, laat hom mislei deur sy eie verdraaide opvattings. Hy kan homself nie red nie, hy vra homself nie af: 'Is dit nie 'n leuen waarmee ek my besig hou nie?'" (Jesaja 44:20).

As ons ons identiteit as beelddraers van 'n onveranderlike, tydlose, alomteenwoordige God stewig in die oog hou, is ons vry om in sosiale media deel te neem sonder dat dít definieer wie ons is of hoekom ons hier is.

Dan duik die vraag op, hoe ons sosiale media kan benut sodat dit ons meer soos Christus laat lyk?

God het wysheid belowe aan diegene wat daarvoor vra. Kom ons vra dan met verwagting, soos diegene wie se sosiale teenwoordigheid deur God bevestig en pasgemaak is om invloed van ewige betekenisvolheid te hê.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Social Sanity in an Insta World

Het jy al ooit met sosiale media geworstel? Ons sosiale media toeps verbind ons met verskillende mense, maar kan ons gefrustreerd en angstig laat voel, en ook asof ons ons tyd mors. Hierdie sewe-dag leesplan sal ons help om ons harte in die Woord van God te vestig, sodat ons kan aan- en afteken met insig, genade en vrede. Bydraes is deur Melissa Kruger, Jen Wilkin, Laura Wifler, en ander

More

Ons bedank graag The Gospel Coalition wat hierdie leesplan voorsien het. Vir verdere inligting, besoek asseblief: https://www.thegospelcoalition.org/