Verbreek die Houvas van Depressie Voorbeeld
God se Voorskrif
Hopelik het jy nou gesien hoe jou denke, liggaam en gees saamwerk. Ons weet nou dat negatiewe emosies soms tot depressie kan lei. Tot dusver het ons gekyk hoe wetenskaplike beginsels en die Bybel ons in ons geestelike stryd kan help.
Uiteindelik gee God vir ons 'n kuur deur sy Seun, sy Woord en sy wêreld. Ons sien dit deur nog 'n keer na ons denke, liggame en gees te kyk.
Ons het geleer hoe belangrik die brein is vir die wyse waarop ons funksioneer. Hierdie deel is baie belangrik! Vir die brein om effektief te funksioneer, het dit 'n paar goed nodig. Eerstens, 'n gesonde dieet — die brein het spesifieke voedingstowwe nodig om behoorlik te funksioneer.
Tweedens, oefening — deur oefening kry jou brein suurstof en stel dan endorfiene vry wat jou laat goed voel. Derdens, geen verdowingsmiddels of alkohol nie — dit is toksies vir die brein, inhibeer jou oordeel en lei tot slegte besluitneming en verslawing.
Ons het ook ons kragtigste wapen bespreek — besluitneming — en hoe ons denke daardeur vernuwe moet word. Soos ons Goddelike besluite die werking van ons brein positief beïnvloed, sal ons mettertyd sterker denkvermoëns en lewensvaardighede ontwikkel en die lewe sal beter raak.
Dink net aan oefening — hoe meer ons gewigte optel, hoe sterker word ons spiere en hoe makliker word die oefening. Goeie besluitneming is soos oefening vir jou denke.
Tog het ons nog 'n ander fisiese wapen vir ons geestelike stryd en dit is medikasie. Alhoewel psigiatriese medikasie nie alleen enige toestand kan genees nie, is dit van hulp omdat dit simptome en hulle invloed drasties kan verminder. Dit kan ons meer tyd gee om permanente oplossings in werking te stel soos dieet en oefening asook psigologiese vaardighede wat spanning en tydsbestuur, konflikhantering, vaardighede vir verhouding- en emosiebeheer en selfdissipline insluit. Ook geestelike vaardighede wat afhanklikheid van God insluit en om sy beginsels toe te pas.
As ons hierdie positiewe gewoontes koester en toepas, sal dit oor 'n paar maande vrugte afwerp. Sommige mense is bang vir medikasie, maar God het dit deur die wetenskap aan ons voorsien om ons te help om beter te funksioneer — indien dit deur 'n professionele persoon voorgeskryf en op die regte manier gebruik word.
Uiteindelik het ons krag, strategie en leierskap van God nodig in ons stryd teen sonde, die dood en die duiwel. Die grootste wapens wat ons het, is die dood en opstanding van Christus, die Heilige Gees wat in ons woon, en die Woord van God: die B.Y.B.E.L. Dit is die beste instruksieboek vir Elke Dag se Lewe. Leun daarop!
Aangaande hierdie leesplan
Selfdood is besig om 'n epidemie te word. Ons almal was al mismoedig en selfs depressief. Beteken dit ons ly aan depressie of loop die risiko om selfdood te pleeg? Jy het waarskynlik soortgelyke vrae oor depressie. In hierdie leesplan verduidelik dr. Karl Benzio, 'n Christenpsigiater, aan die hand van sielkunde, hoe God ons denke ontwerp het en sit dit vanuit 'n Bybelse perspektief uiteen. Hy ondersoek oorsake, simptome en veral maniere om die houvas van depressie te verbreek en toegang tot God se vrede en vreugde te verkry.
More